Loof eer­der K­ho­za en Gordhan

Beeld - - Kommentaar - I­zak Bergh, Marchand

Ek het nog al­tyd Jo­hann Maar­man se po­li­tie­ke kom­men­taar ge­niet vir sy skryf­styl, ken­nis en in­sig.

Nou is ek eg­ter ver­slae oor die on­sin wat hy kwyt­raak deur sy aan­val op dr. Mak­ho­si K­ho­za en Pra­vin Gordhan en sy aan­be­ve­ling dat die ANC on­mid­del­lik van hul­le ont­slae moet raak.

As ons ’n nor­ma­le si­tu­a­sie in die land ge­had het, sou ek nog met hom kon saam­stem. Ons het eg­ter ’n kor­rup­te pre­si­dent son­der in­te­gri­teit wat skur­ke van sy ka­li­ber o­ral as ma­ri­o­net­te aan­ge­stel het om plun­de­ring van be­las­ting­geld te ver­ge­mak­lik.

Zu­ma en sy ben­de gul­si­ge, ge­we­ten­lo­se vry­bui­ters word be­skerm deur die na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee van die ANC, as­ook an­der lei­ers wat deel in die buit.

Pleks daar­van dat Maar­man K­ho­za en Gordhan loof vir hul­le dap­per­heid, ver­guis hy hul­le. Dit is net men­se soos hul­le wat die hui­di­ge kor­rup­sie-e­pi­de­mie kan stuit.

Is Maar­man, ad­junk­re­dak­teur van Die Bur­ger, ’n a­po­lo­geet vir Zu­ma?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.