ANC­woe­lin­ge in KZN moet JZ om­krap

Beeld - - Middelblad -

Kan dit werk­lik waar wees? Dat Ja­cob Zu­ma al hoe meer op sy eie staan in die ANC? Die ver­ga­de­ring van die ANC­lei­ers van M­pu­ma­lan­ga en K­waZu­luNa­tal kan vol­gens som­mi­ge waar­ne­mers ’n be­lang­ri­ke draai­punt in die ANC se lei­er­skap­veld­tog wees.

Daar is reeds aan­dui­dings en on­be­ves­tig­de ge­rug­te dat Da­vid Ma­bu­za, M­pu­ma­lan­ga se pre­mier, sy ge­wig in die lei­er­stryd nou ag­ter Cy­ril Ra­map­ho­sa in­ge­gooi het. Of is hy deel van ’n ak­sie om N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni­Zu­ma as die Zu­ma­kamp se kan­di­daat te ont­troon? Dit gons nog meer oor al die sce­na­rio’s na­dat hy en die ANC­voor­sit­ter in K­waZu­lu­Na­tal, Sihle Zi­ka­la­la, die Gup­tas in ’n soort dub­bel­pra­te­ry ge­kri­ti­seer het. Zi­ka­la­la het in die­self­de a­sem ook weer vir Zu­ma op­ge­kom. Raak die druk om die Zu­ma­vlag te swaai en die ge­paard­gaan­de ver­deeld­heid en po­li­tie­ke moor­de in die pro­vin­sie te veel? Of kyk al­mal in die een of an­der o­ë­ver­blin­de­ry vas?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.