Drie top­grap­jas­se deel ’n ver­hoog

Beeld - - Middelblad -

Nie een nie, ook nie twee nie, maar drie grap­jas­se saam op die ver­hoog. Die een­ma­li­ge ver­to­ning van Cas­per de V­ries, S­chalk Be­zui­den­hout en Han­nes Br­üm­mer se ko­me­die­pro­duk­sie 3-in-1 met Cas­per, S­chalk en Han­nes het reeds groot af­trek el­ders ge­kry en nou is dit Gau­ten­gers se beurt om hul­le in ak­sie te sien.

Dit word mô­re om 20:00 in The Glo­be by die Sil­ver­star-ca­si­no in Krugersdorp aan­ge­bied.

Hier wis­sel dié drie­man­skap me­kaar nie af nie, maar is vir die duur van die ver­to­ning saam op die ver­hoog. Boon­op moet hul­le vin­nig op hul voe­te dink (en pit­tig wees) met im­pro­vi­sa­sies wan­neer hul­le op die ge­hoor steun vir te­mas en on­der­wer­pe.

Men­se wat mô­re kom aan­sit, kan v­lym­skerp en skreeu­snaak­se in­ter­ak­sies ver­wag, as­ook kom­men­taar oor A­fri­kaan­se fees­te, rol­pren­te, mu­siek, ad­ver­ten­sies, mid­der­nag­te­li­ke skom­me­lin­ge in die ka­bi­net, ou­er­skap, die die­re­ryk en som­mer die le­we self. Die ko­me­di­an­te deel ook in die ver­to­ning iets oor hul groot­word­ja­re en eer­ste in­vloe­de.

“Dit is ’n baie uit­da­gen­de maar suk­ses­vol­le aan­bie­ding,” sê De V­ries, wat dees­dae ook op C­lif­fCen­tral die aan­bie­der is van The Cas­per Ra­dio S­how.

“Jou brein moet nog­al ‘aan’ wees om dit (3-in-1) te kan doen en my­ne is nog net-net aan, maar dis vir my won­der­lik om dit te doen. Ons skep iets wat ’n mens nooit weer sal sien nie. Ons doen dit nie aand ná aand nie, so met el­ke ver­to­ning is ons vars en vro­lik en lus vir ver­maak en om men­se te laat lag. Jy voel jy het iets be­reik en dit is ’n baie heug­li­ke en jeug­li­ke ge­voel.”

Br­üm­mer sê hy het met 3-in-1 met Cas­per, S­chalk en Han­nes van sy lek­ker­ste tye nóg op die ver­hoog ge­had.

“En die feit dat ek die ver­hoog deel met ’n ou hand wat le­gen­da­ries is en die mees op­win­den­de jong ko­me­di­ant in die land be­te­ken dat ek ook nou ’n bie­tjie aan­dag kry.”

Br­üm­mer sê hy en Be­zui­den­hout word ook soms aan die nood­lot oor­ge­laat wan­neer De V­ries ty­dens die ver­to­ning be­sluit om al­les in ’n nu­we rig­ting in te stuur.

“Jy moet reg­tig op jou voe­te kan dink. Vir my is 3-in-1 ’n nu­we for­maat van ko­me­die. Ons vaar­dig­he­de word tot die ui­ter­ste be­proef. Maar die ge­hoor hoef nie bang te wees dat ons nie weet wat ons doen nie. Ons werk met ’n struk­tuur. Boon­op werk ons met die on­der­steu­ning van me­kaar.”

De V­ries is die re­gis­seur en Erns Grund­ling die ver­vaar­di­ger.

Kaar­tjies kos R150. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Fo­to: A­LET P­RE­TO­RI­US

Han­nes Br­üm­mer, Cas­per de V­ries en S­chalk Be­zui­den­hout is mô­re­aand in Krugersdorp met 3­in­1 met Cas­per, S­chalk en Han­nes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.