Naam sal uit­kom, paai MiWay oor man ag­ter e­pos

Beeld - - Middelblad - Nel­lie Brand­Jon­ker

“My eer­ste stap as uit­voe­ren­de hoof is om met die kli­ënt aan die ta­fel te sit en te hoor wat hom ge­dryf het om dit te doen,” sê René Ot­to, uit­voe­ren­de hoof van MiWay.

Die kli­ënt het glo ’n vals e-pos­bood­skap in die naam van MiWay uit­ge­stuur wat lui: “Dit is ’n her­in­ne­ring aan gis­ter se be­stuurs­ver­ga­de­ring. Die fi­na­le be­sluit was om van 1 Au­gus­tus 2017 af 90% van die ei­se wat swart men­se in­stel, te ver­werp. Hul­le is ’n mak­li­ke tei­ken en dit is ook ’n won­der­li­ke ge­leent­heid om geld te spaar en daar­die swart bob­be­ja­ne te straf.”

MiWay het Dins­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê ’n on­af­hank­li­ke fo­ren­sie­se on­der­soek­span het be­ves­tig die e-pos­bood­skap kom nie van sy per­so­neel nie.

Le­sers van Net­werk24 het gis­ter kwaai ge­re­a­geer om­dat MiWay nie die per­soon se i­den­ti­teit be­kend maak nie.

Ot­to is ge­vra hoe­kom MiWay nog nie die per­soon ver­volg het nie. Hy sê ’n tus­sen­gan­ger het eers gis­ter­og­gend met die per­soon ge­praat.

Ná die ver­ga­de­ring sal be­sluit word oor ge­pas­te op­tre­de. “Dit is nie so dat daar nie ge­vol­ge gaan wees nie. Ons wil nie oor­haas­tig op­tree uit woe­de en wraak . . . nie. Sy i­den­ti­teit sal be­kend ge­maak word.”

Ot­to wou gis­ter nie die per­soon se naam, ou­der­dom of ras be­kend maak nie. Hy vrees die

pu­bliek sal teen die per­soon op­tree soos teen die twee per­so­neel­le­de van MiWay op­ge­tree is wat by die vals e-pos­bood­skap

be­trek is.

“Ons moes ge­wa­pen­de be­sker­ming vir hul­le re­ël na­dat hul­le doods­drei­ge­men­te ont­vang het. Die­self­de sal met dié per­soon ge­beur.”

Ot­to sê hul­le gaan be­slis stap­pe doen.

“Ons kan dit nie los nie. Dit sal on­ver­ant­woor­de­lik wees. Ek het in my 35 jaar in die be­dryf nog nie ie­mand ge­sien wat so ir­ra­si­o­neel op­tree nie.

“Van die goed wat ek wil weet, is of sy ras iets te doen het met die ma­nier waar­op MiWay hom be­han­del het.”

Ot­to hoop die per­soon sal die “hand van re­de­lik­heid aan­vaar” en dan saam met hul­le kri­sis­be­stuur doen en ’n ge­sa­ment­li­ke ver­kla­ring uit­reik.

“Ons wil die ou nie on­der die bus gooi nie. As hy daar be­land, het hy hom daar in­ge­gooi. Ek het van­og­gend (gis­ter) na sy Fa­ce­book-blad ge­sit en kyk. Ek weet baie van hom af, maar dit sal nie reg wees om e­nig­iets oor hom te sê nie.”

In­dien die per­soon nie wil saam­werk nie, sal hul­le be­sluit wat om te doen.

“Ons sal dan be­sluit of dit ge­pas is om ’n klag in te dien. Ek wil dit nie voor­uit loop nie.”

Hy meen hul­le sal ’n saak by die ge­lyk­heids­hof aan­han­gig kan maak om­dat haat­spraak ter spra­ke is en ras­se­haat aan­ge­vuur is. Die per­soon se i­den­ti­teit sal dan be­kend word.

Die per­soon kan ook straf­reg­te­lik aan­ge­kla word om­dat be­drog ge­pleeg is deur die e-pos­bood­skap te ver­vals, sê hy. Die ge­volg­li­ke of po­ten­si­ë­le ska­de kan ook tot ’n si­vie­le saak lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.