Lon­min kry myn­reg on­danks Z­wa­ne se mo­ra­to­ri­um­plan­ne

Beeld - - Middelblad - El­vi­ra Wood

Ter­wyl Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, plan­ne maak om ’n mo­ra­to­ri­um te plaas op die uit­reik van nu­we myn­li­sen­sies en die oor­drag van be­staan­de myn­reg­te, het hy nou tog so ’n aan­soek deur Lon­min goed­ge­keur.

Lon­min het aan­soek ge­doen om goed­keu­ring van so ’n oor­drag as deel van sy ver­kry­ging van Ang­lo A­me­ri­can Pla­ti­num (Am­plats) se 42,5%-be­lang in Pan­do­ra.

Pan­do­ra is ’n ge­sa­ment­li­ke on­der­ne­ming tus­sen Am­plats en Lon­min.

As die aan­soek mis­luk het, het Am­plats be­plan om die myn in sorg en in­stand­hou­ding te plaas.

Die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê 3 000 pos­te by Pan­do­ra is ge­red dank­sy die goed­keu­ring van die ver­an­de­ring in ei­e­naar­skap.

“Lon­min het sy saak aan ons ge­stel. Een van ons groot­ste oor­we­gings was wat ons kan doen om af­leg­gings te voor­kom. Ons is te­vre­de dat ons, ver­al in die hui­di­ge e­ko­no­mie­se kli­maat, 3 000 pos­te kon red,” sê Z­wa­ne in die ver­kla­ring.

Lon­min moet bin­ne vyf dae sy plan­ne vir swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging aan die de­par­te­ment voor­lê.

“Ons is ’n baie re­de­li­ke re­gu­leer­der en pas ons wet­te kon­se­kwent toe vir al­le in­stan­sies wat reg­te be­sit. Ons doen ’n be­roep op die hou­ers van reg­te om van ons oop­deur­be­leid ge­bruik te maak en eer­lik en o­pen­lik met ons oor kwes­sies ra­ken­de hier­die kri­tie­ke sek­tor van ons e­ko­no­mie in ge­sprek te tree. Ons sal al­tyd die be­lan­ge van SuidA­fri­ka en sy men­se eer­ste in al ons be­raad­sla­gings plaas,” sê Z­wa­ne.

Dit volg ’n dag na­dat die Ka­mer van Myn­we­se be­ves­tig het hy het nog ’n drin­gen­de aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien om die mi­nis­ter te keer om voort te gaan met sy be­plan­de mo­ra­to­ri­um.

Wer­kers meld aan vir diens by Lon­min se Ma­ri­ka­na­myn in Noord­wes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.