BMW bied in die toe­koms ‘groen’ en ‘ge­wo­ne’ op­sies vir mo­del­le

Beeld - - Middelblad -

BMW sê mo­to­ris­te sal in die vol­gen­de paar jaar kan kies: Wil jy hê jou nu­we BMW moet “groen” wees of ver­kies jy die brul van ’n bin­ne­brand­en­jin?

“E­lek­tri­fi­se­ring” is een van die be­lang­rik­ste pi­la­re van die maat­skap­py se stra­te­gie, wat be­te­ken daar sal ook ’n e­lek­trie­se of hi­brie­de weer­ga­we van el­ke mo­del wees.

BMW sê in 2018 sal die BMW i8 Ro­ad­ster die jong­ste toe­voe­ging tot sy i­reeks word. Hy be­gin die e­lek­trie­se Mi­ni in 2019 ver­vaar­dig en ko­pers sal dus kan kies tus­sen ’n “ge­wo­ne” pe­trol­ of die­sel­Mi­ni, ’n hi­brie­de of ’n e­lek­trie­se mo­del.

Die e­lek­trie­se BMW X3 word in 2020 be­kend ge­stel en die BMW iNEXT in 2022. BMW ver­wag dat ver­ko­pe van e­lek­trie­se mo­tors teen 2025 tus­sen 15% en 25% van sy to­ta­le ver­ko­pe gaan ver­teen­woor­dig.

Die In­ter­na­si­o­na­le E­ner­gie­a­gent­skap (IEA) ver­wag e­lek­trie­se voer­tuie sal in die vol­gen­de de­ka­de die mas­sa­mark be­tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.