So is hy op­ge­spoor

Beeld - - Middelblad -

Vol­gens Ot­to het hul­le bin­ne ’n uur en ’n half ge­weet wie die vals e­pos­bood­skap ge­stuur het.

Die IT­af­de­ling het be­ves­tig daar is nie daar­die dag so ’n e­pos­bood­skap tus­sen die twee per­so­neel­le­de wat be­trek word, ge­stuur nie.

“Ons hou el­ke e­pos in ons ge­skie­de­nis wat ge­stuur is. Niks kan ver­wy­der word nie.”

Op daar­die dag het die per­so­neel­lid wel ’n e­pos­bood­skap na ’n kli­ënt ge­stuur met wie se eis sy ge­werk het. Die da­tum en tyd het oor­een­ge­stem met dié op die vals e­pos­bood­skap.

Vol­gens hom is daar ook oog­lo­pen­de goed op die vals e­pos­bood­skap wat ver­keerd is. In­ter­ne e­pos­bood­skap­pe sluit nie die ad­ver­ten­sie van MiWay on­der­aan in nie en die font, by­voor­beeld, is nie die­self­de as wat in hul e­pos­bood­skap­pe ge­bruik word nie.

Die ver­ga­de­ring waar­na ver­wys word, sou ook op ’n Son­dag moes plaas­ge­vind het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.