MTN se han­dels­naam soos ver­le­de jaar steeds goud werd

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

MTN is steeds die waar­de­vol­ste han­dels­naam in Suid-A­fri­ka, ter­wyl Ca­pi­tec se han­dels­naam die vin­nig­ste groei.

Daar­en­teen is die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) die han­dels­naam wat die mees­te waar­de oor die af­ge­lo­pe jaar ver­loor het, lui­dens die jong­ste Brand Fi­nan­ce-ver­slag oor die 50 waar­de­vol­ste Suid-A­fri­kaan­se han­dels­na­me.

Die waar­de van MTN se han­dels­naam het in 2017 met 10% tot R40,8 mil­jard ge­styg. MTN was ook in 2016 die land se waar­de­vol­ste han­dels­naam.

Vo­da­com is, soos ook in

2016, die maat­skap­py met die naas­groot­ste han­dels­naam. Die waar­de van sy han­dels­naam het met 10% tot R24,26 mil­jard ge­styg.

Vo­da­com is eg­ter be­sig om die voor­lo­per in te haal en die ga­ping word klei­ner met MTN se han­dels­naam­waar­de wat by­na 30% la­er is as op sy hoog­te­punt in 2014, sê Brand Fi­nan­ce.

Die bank­sek­tor oor­heers die boon­ste 50 han­dels­na­me met ne­ge na­me met ’n ge­sa­ment­li­ke han­dels­naam­waar­de van R100 mil­jard in dié sek­tor. Dit maak so­wat 25% van die to­ta­le han­dels­naam­waar­de van al die maat­skap­pye uit.

Die bank­sek­tor het ook vier han­dels­na­me in die top­tien naam­lik S­tan­dard Bank (3), Ab­sa (6), FNB (7) en Ned­bank (10).

Ca­pi­tec is in die 28ste plek, maar vol­gens Brand Fi­nan­ce is dit die han­dels­naam wat die vin­nig­ste groei. Dié bank se han­dels­naam­waar­de het die af­ge­lo­pe jaar met 25% ge­styg tot R5 mil­jard.

Te­le­kom­mu­ni­ka­sie­maat­skap­pye is die naas­groot­ste be­dryf met ’n ge­sa­ment­li­ke han­dels­naam­waar­de van R73 mil­jard, ge­volg deur klein­han­del­maat­skap­pye. Dié sek­tor se to­ta­le han­dels­naam­waar­de is R49 mil­jard.

Daar is ne­ge han­dels­na­me van klein­han­de­laars in die top-50. S­par het die vin­nig­ste van hul­le ge­groei; sy han­dels­naam­waar­de het met 15% tot R10,4 mil­jard ge­styg.

S­hop­ri­te, in die 12de plek, is die waar­de­vol­ste han­dels­naam on­der die klein­han­de­laars en staan op R11,1 mil­jard.

Brand Fi­nan­ce be­oor­deel die han­dels­na­me met ’n be­paal­de me­to­do­lo­gie, wat in­sluit om die han­dels­naam se waar­de te be­paal. Hy doen ook ’n be­re­ke­ning van ’n tan­tiè­me­koers wat be­taal sou word vir die ge­bruik van die han­dels­naam en saam met die ge­raam­de in­kom­ste word ’n waar­de be­re­ken.

Je­re­my Samp­son, di­rek­teur van Brand Fi­nan­ce, sê die to­ta­le waar­de van die han­dels­na­me het on­danks ’n re­ses­sie, po­li­tie­ke on­sta­bi­li­teit en hoë werk­loos­heid die af­ge­lo­pe jaar met 3% ge­styg van R384 mil­jard tot R395 mil­jard. “Suid-A­fri­ka is baie ti­pies van ’n ont­lui­ken­de mark, met ’n e­ko­no­mie wat ge­bou is op na­tuur­li­ke hulp­bron­ne en myn­bou, en wat on­der­steun word deur die bank­we­se en te­le­kom­mu­ni­ka­sie­maat­skap­pye,” sê Samp­son.

“Wan­neer ’n land eg­ter suk­kel om teen 1% te groei, ter­wyl sy han­dels­na­me met 3% groei, sê dit baie oor die po­ten­si­aal vir die toe­koms as daar nie in­ge­meng word nie.”

Daar is van­jaar vier nu­we han­dels­na­me on­der die top-50: EOH (37), Sas­ko (45), HiFi Corp (47) en OUT­su­ran­ce (50).

Die vier han­dels­na­me wat uit­ge­val het, is SABMil­ler, Im­pe­ri­al, Nam­pak en Ga­me.

MTN was ook in 2016 die land se waar­de­vol­ste han­dels­naam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.