Só klop SA sa­la­ris­se in­fla­sie

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Wer­ken­de Suid-A­fri­ka­ners se be­stee­ba­re in­kom­ste het in Ju­nie vir die vier­de maand in ’n ry met meer as die in­fla­sie­koers ge­styg.

Ge­mid­del­de sa­la­ris­se was in dié maand 1,3% meer as ’n jaar ge­le­de na­dat in­fla­sie ver­re­ken is, en die hoog­ste in 15 maan­de, vol­gens Banks­er­vA­fri­ca se in­deks van be­stee­ba­re sa­la­ris­se (BDSI). Die BDSI meet die sa­la­ris wat in jou bank­re­ke­ning land na­dat be­las­ting, jou me­die­se­fonds­pre­mie, af­tree­geld en so meer, af­ge­trek is.

Dié po­si­tie­we nei­ging kom na­dat sa­la­ris­trek­kers se re­ë­le sa­la­ris vir die groot­ste deel van 2016 ge­daal het.

In­fla­sie was in Ju­nie 5,1%. Voor­dat in­fla­sie ver­re­ken is, het be­stee­ba­re sa­la­ris­se met 6,7% ge­styg.

Die ge­mid­del­de be­stee­ba­re sa­la­ris in die land is R13 894 per maand, ef­fens ho­ër as die R13 802 in Mei.

Die per­sen­ta­sie men­se wat meer as R10 000 per maand ver­dien, het tot 52,6% van sa­la­ris­trek­kers ge­styg, ver­ge­le­ke met net 33,8% in Ja­nu­a­rie 2012.

Dit lyk dus as­of men­se met la­er sa­la­ris­se se in­kom­ste vin­ni­ger styg.

Banks­er­vA­fri­ca re­ken die da­ling in die in­fla­sie­koers, en nou ook van die ren­te­koers, sal ver­brui­kers­ver­troue ’n hup­stoot gee en hul­le sal dalk mak­li­ker geld be­stee. Dit sal goeie nuus wees vir klein­han­de­laars wat in die eer­ste helf­te van die jaar nou­strop ge­trek het.

Pen­si­oen­trek­kers was ook in Ju­nie be­ter daar­aan toe as ’n jaar ge­le­de, selfs al gaan dit droe­wig op die JSE. Die ge­mid­del­de pri­va­te pen­si­oen het met 1,9% ge­styg na­dat in­fla­sie ver­re­ken is.

Vóór in­fla­sie was die ge­mid­del­de pen­si­oen 7,5% ho­ër as ’n jaar ge­le­de. Die ge­mid­del­de pen­si­oen was R6 567.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.