Rand ver­swak wyl hy wag op Fed

Beeld - - Sake -

Die rand het weer tot meer as R13 teen­oor die dol­lar ver­swak om­dat in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers hul vi­sier el­ders heen skuif.

Die rand het ver­le­de week net ná die ver­la­ging van die re­po­koers ook die R13­kerf oor­ge­steek, maar gou weer ver­sterk. Maan­dag het hy weer om­ge­swaai en gis­ter het die rand op R13,07 ge­o­pen.

RMB ver­wag die rand gaan ver­der ver­swak in af­wag­ting op die A­me­ri­kaan­se Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad

(Fed) se ren­te­koers­be­sluit, wat gis­ter be­kend ge­maak sou word.

I­saah Mhlan­ga, e­ko­noom van RMB, sê hul­le ver­wag die Fed gaan ’n sterk aan­dui­ding gee van min­stens nog een ren­te­koers­ver­ho­ging voor ein­de van­jaar. Dit kan die rand tot tus­sen R13,15 en R13,20 laat ver­swak.

Hy sê daar word wyd ver­wag dat die Fed ren­te­koer­se on­ver­an­derd gaan laat om­dat die on­lang­se A­me­ri­kaan­se in­fla­sie­sy­fers te­leur­stel­lend is.

Hy hoop daar gaan ook gro­ter dui­de­lik­heid kom oor die Fed se be­leg­gings­por­te­feul­je van staats­ef­fek­te en ver­band­ge­gron­de se­ku­ri­tei­te wat hy wil ver­koop. Die Fed het dit se­dert die fi­nan­si­ë­le kri­sis van 2008 ge­koop om die e­ko­no­mie te sti­mu­leer en dit is nou $4 200 mil­jard werd.

Die Fed her­be­lê tans $40 mil­jard per maand in die se­ku­ri­tei­te en staats­ef­fek­te. Wan­neer die be­leg­gings­pro­gram af­ge­skaal word, gaan die her­be­leg­gings teen so­wat $10 mil­jard per maand ver­min­der word.

Toe die Fed in Ju­nie sy ren­te­koers op­ge­stoot het, het die rand ver­swak. Dit was die der­de ver­ho­ging se­dert De­sem­ber 2016.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.