B­rit­se ei­en­doms­groep Ham­mer­son stel be­leg­gers ef­fe teleur

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Die B­rit­se ei­en­doms­groep Ham­mer­son plc, wat ook op die JSE ge­no­teer is, het be­leg­gers gis­ter ef­fens te­leur­ge­stel met sy half­jaar­sy­fers en die aan­deel­prys was die og­gend 0,36% la­er op R99,09.

Ham­mer­son be­lê in win­kel­sen­trums in B­rit­tan­je, Frank­ryk en Ier­land.

Da­vid At­kins, uit­voe­ren­de hoof van Ham­mer­son, is wel be­ïn­druk met die groep se sy­fers vir die half­jaar tot ein­de Ju­nie, wat wys net­to rente-in­kom­ste het met 9,7% ge­styg, die wins is 6% ho­ër en die ver­dien­ste per aan­deel het met 5,6% ge­groei.

’n Tus­sen­tyd­se di­vi­dend van 10,1 B­rit­se pen­nies is ver­klaar, wat 5,9% meer is as ’n jaar ge­le­de.

Ham­mer­son is in Sep­tem­ber ver­le­de jaar op die JSE ge­no­teer. Gees­drif was aan­vank­lik hoog en die aan­deel­prys was op R115 op sy eer­ste ver­han­de­lings­dag, maar dit het daar­na ge­duik en ver­han­del tans in ’n band van tus­sen R95 en R100.

Ham­mer­son is, soos ’n paar an­der nu­we ei­en­doms­fond­se op die JSE wat uit­sluit­lik bui­te­land­se be­leg­gings het, ge­wild on­der be­leg­gers wat hul­le teen die wis­sel­val­li­ge rand wil be­skerm.

Mark Dy­tor, uit­voe­ren­de hoof van AECI.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.