OPRU se sa­ke­vleu­el haal R15 m

SARU KOOP VAN DIE BATES S­pe­lers se ei­se kry voor­keur

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Die bates van die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie Rug­by­u­nie (OPRU) se sa­ke­vleu­el is on­langs vir R15 mil­joen ver­koop, by­kans ’n jaar na­dat dié maat­skap­py fi­naal ge­li­kwi­deer is.

Die om­vang van die OPRU-sa­ke­vleu­el se skuld sal eers be­paal moet word voor­dat e­ni­ge geld aan kre­di­teu­re uit­be­taal word, met die eer­ste be­ta­lings wat teen “die twee­de helf­te van No­vem­ber” op die vroeg­ste ge­doen sal word.

Die be­drag sal in drie paai­e­men­te van R5 mil­joen elk af­be­taal word, met die eer­ste paai­e­ment wat da­de­lik be­taal sal word. Die twee­de paai­e­ment sal in Sep­tem­ber 2018 be­taal word en die laas­te in Sep­tem­ber 2019.

Daar word ver­neem dat die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Saru) van die bates, wat kom­mer­si­ë­le reg­te in­sluit, ge­koop het.

Die kom­mer­si­ë­le reg­te sluit on­der meer han­dels­merk­reg­te, bor­greg­te, die reg om ad­ver­ten­sies in die sta­di­on te ver­koop en uit­saai­reg­te in.

Die Sout­hern Kings is on­langs uit Su­per­rug­by die trek­pas ge­gee en sal na ver­wag­ting van­jaar reeds aan ’n uit­ge­brei­de Pro12-reeks in Eu­ro­pa deel­neem. Die ver­kry­ging van hier­die reg­te kan dus ui­ters lo­nend in ’n nu­we en ver­gro­te mark wees.

Die OPRU se bates is al vir ’n ge­rui­me tyd in die mark en daar is reeds in A­pril van­jaar be­rig dat daar “geen sterk of aan­vaar­ba­re aan­bie­din­ge vir die maat­skap­py se bates of kom­mer­si­ë­le reg­te was nie”.

Da­nie Ac­ker, die OPRU se li­kwi­da­teur, het die ver­koop in ’n om­send­brief aan kre­di­teu­re be­ves­tig.

“Ná ver­de­re sa­me­spre­kings tus­sen al die be­trok­ke par­tye het die li­kwi­da­teurs ’n oor­een­koms be­reik om die bates vir R15 mil­joen te ver­koop,” het Ac­ker ge­sê.

Die li­kwi­da­teurs sal ná die ver­koop da­de­lik “al­le be­skik­ba­re in­lig­ting en do­ku­men­te” on­der­soek om vas te stel wat die “wa­re en kor­rek­te be­drae” van die ei­se teen die OPRU is.

Ac­ker sê ver­der dat daar voor­keur ge­gee sal word aan ei­se vir sa­la­ris­se deur voor­ma­li­ge s­pe­lers of werk­ne­mers.

In­tus­sen het Ron­nie Cooke, ’n voor­ma­li­ge spe­ler van die Sout­hern Kings aan wie daar geld vir ag­ter­stal­li­ge sa­la­ris­se ver­skul­dig is, ge­sê hy neem ken­nis van die ba­te­ver­ko­pe.

“Hoe­veel ons gaan uit­kry, weet ons nog nie.

“Daar moet eers be­paal word hoe­veel daar ge­skuld word en aan wie. Eers daar­na sal ons weet hoe­veel ons gaan kry,” het Cooke ge­sê.

“Ek glo dit sal ’n paar sent van el­ke rand wees.”

Fo­to: VER­SKAF

Da­nie Ac­ker, li­kwi­da­teur van die OP Rug­by­u­nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.