Is S­tick weer in OP se vi­sier?

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Be­spie­ge­lings dat die voor­ma­li­ge S­pring­bok-hulp­af­rig­ter M­z­wan­di­le S­tick die OP-Kings se hoof­af­rig­ter gaan word, is voor­ty­dig.

“Ek het nog nie met M­z­wan­di­le ver­ga­der nie en gaan ook nie nou be­ves­tig of ek van plan is om dit te doen nie. Ek hoop wel om teen Vry­dag (mô­re) meer dui­de­lik­heid te kan gee oor wie die OP-Kings gaan af­rig,” sê An­dré Ra­de­man, die pre­si­dent van die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie Rug­by­u­nie.

S­tick is in diens van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie en sal by sy werk­ge­wer toe­stem­ming moet kry as hy die OP-Kings wil af­rig.

Dié voor­ma­li­ge B­lits­bok­kap­tein het die Kings in 2014 af­ge­rig voor­dat hy in 2016 die Sout­hern Kings se ag­ter­lyn-af­rig­ter ge­word het.

Hy het die­self­de jaar ook die Bok­ke se hulp­af­rig­ter ge­word, maar is hier­die sei­soen van dié pos ont­hef en moes by die Ju­ni­or S­pring­bok­ke help.

Nog ’n voor­ma­li­ge OP­hulp­af­rig­ter, Ry­an Felix, se naam is vol­gens ’n be­trou­ba­re bron ook in die hoed.

Wie ook al die OP-Kings in die Eer­ste­li­ga-reeks gaan brei, kan hom ge­reed maak vir ’n moei­li­ke stryd.

Met die u­nie se geld­sa­ke wat nog uit­ge­stryk word, klink dit of ver­skeie klub­spe­lers sal moet uit­help.

Klubs het reeds na­me aan ’n keur­ko­mi­tee voor­ge­lê en ’n kern­groep van s­pe­lers is ge­ï­den­ti­fi­seer.

“Die be­roeps- en a­ma­teur-arms moet nog ver­ga­der oor hoe die klub­spe­lers be­trek sal word,” sê Ra­de­man.

M­z­wan­di­le S­tick

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.