Van der Sluys slaan En­gel­se kon­trak los

Beeld - - Sport -

Die Sout­hern Kings-slot Wilhelm van der Sluys gaan voort­aan sy rug­by vir die Exe­ter C­hiefs in En­ge­land speel.

Van der Sluys, wat vir et­li­ke sei­soe­ne ’n s­taat­ma­ker van die Ma­ties in die Var­si­ty­be­ker-reeks was, het lui­dens ’n ver­kla­ring deur P­re­miers­hip Rug­by P­ress ’n kon­trak van ’n jaar met die klub ge­sluit.

Vol­gens dié ver­kla­ring is dit

Van der Sluys se ver­to­nings vir die Kings in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks wat die C­hiefs se oog ge­tref het.

Van der Sluys het sy kans in Su­per­rug­by ge­kry na­dat die Wor­ces­ter War­ri­ors hom as leen­spe­ler aan die Kings be­skik­baar ge­stel het.

Dié 25-ja­ri­ge slot, wat in die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl op skool was, het vroe­ër in sy loop­baan ook vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie uit­ge­draf. Hy het die S­treep­truie ook op Cra­ven­week-, o.19en o.21-vlak ver­teen­woor­dig.

Van der Sluys sê hy is op­ge­won­de om by die C­hiefs te kan aan­sluit.

“Ek sluit aan by ’n klub met baie self­ver­troue na­dat hy die En­gel­se Pre­mier­liga ge­wen het, so ek kan nie vra vir ’n be­ter een om by aan te sluit nie,” sê hy.

Van der Sluys is een van et­li­ke s­pe­lers van die Sout­hern Kings wat reeds ’n nu­we rug­by­tuis­te ge­vind het.

Nóg ’n oud­spe­ler van die WP, Don Ar­mand, is ook een van die C­hiefs se ge­kon­trak­teer­de s­pe­lers. Hy het on­langs sy toets­bui­ging vir En­ge­land ge­maak.

Van der Sluys

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.