Op­kik­ker­toet­se vir Ki­wi­sko­le­spe­lers

Beeld - - Sport -

Nieu-See­land se voor­ste sko­le­rug­by­spe­lers gaan luk­raak ge­toets word vir ver­bo­de mid­dels by ’n ge­sag­heb­ben­de toer­nooi in Pal­mer­ston North in Sep­tem­ber.

Die be­sluit is ge­neem weens groei­en­de kom­mer dat ho­ër­skool­spe­lers oor Nieu-See­land heen op­kik­kers ge­bruik om aan toe­ne­men­de druk te vol­doen om te pres­teer.

“Die druk op eer­ste­span­ne in die land is e­norm, so ook die druk op jong at­le­te,” sê S­cott Tibbutt, voor­sit­ter van Drug­free S­port NZ.

“Ons weet hul­le maak ge­bruik van groot hoe­veel­he­de aan­vul­lings en dies meer, mid­dels wat ons weet jong kin­ders nie ver­on­der­stel is om in te neem nie.

“Vre­se be­staan ook dat daar dalk ge­val­le kan wees van kin­ders wat doel­be­wus ver­bo­de mid­dels neem.

“Ons gaan nie vir se­ker weet voor­dat ons nie hier­die toet­se doen nie,” het Ti­butt ge­sê

Vol­gens ’n steek­proef wat in 2013 on­der on­ge­veer 150 eer­ste­span­spe­lers ge­doen is, het 70% er­ken hul­le neem vier of meer aan­vul­lings, met 90% wat be­kom­merd was oor die vei­lig­heid van die pro­duk­te wat hul­le ge­bruik. Twee van die re­spon­den­te het er­ken hul­le ge­bruik ver­bo­de mid­dels.

“Ons wil al­mal voor­af ge­noeg waar­sku­wing gee om se­ker te maak hul­le is be­wus van die re­ëls wat hul­le moet volg.”

■ In­tus­sen het Reu­ben T­hor­ne, ’n ge­we­se All Black-flank en -kap­tein wat Christ’s Col­le­ge in Chris­t­church af­rig wat ook aan die toer­nooi deel­neem, ge­sê dat hy ’n groot voor­stan­der van die toet­se is.

Hy het by­ge­voeg dat nie een van sy span se s­pe­lers be­kom­merd daar­oor hoef te wees nie. – stuf.co.nz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.