S­to­kes het g’n py­ne met KG nie

Beeld - - Sport -

En­ge­land se Ben S­to­kes het g’n ap­pel­tjie met die Pro­te­a­blits­bou­ler Ka­gi­so Ra­ba­da te skil as dié twee me­kaar in die der­de toets op die O­val weer in die oë kyk nie.

Die der­de toets in die reeks van vier be­gin van­dag en die ver­wag­ting is die von­ke gaan weer tus­sen dié twee vuur­vre­ters spat ná ’n voor­val in die eer­ste toets wat uit­ein­de­lik tot Ra­ba­da se skor­sing vir die twee­de toets op T­rent B­rid­ge ge­lei het.

Die jong snel­ler se bloed het be­hoor­lik ge­kook in die eer­ste toets op Lord’s na­dat hy on­ge­luk­kig was om geen paal­tjies in te oes nie – on­der meer weens ver­brou­de vang­kan­se. Hy was dui­de­lik ge­frus­treerd.

Toe hy uit­ein­de­lik wel die paal­tjie van die veel­sy­di­ge S­to­kes neem, het hy die En­gels­man in on­vlei­en­de taal aan­ge­raai om die pad pa­vil­joen toe te vat.

Dié f-bom het hom ’n skor­sing van een toets op die hals ge­haal.

Nou is Ra­ba­da van van­dag te­rug in die ver­sterk­te SuidA­fri­kaan­se bou­l­aan­val na­dat hy op T­rent B­rid­ge ’n toe­skou­er was ty­dens se span se se­ge met 340 lo­pies, een wat die reeks met 1-1 ge­lyk­op ge­maak het.

S­to­kes, self ’n kort­ge­ba­ker­de kê­rel op die speel­veld, skerm as daar ge­praat word van ’n her­vat­ting van die twee se bek­ge­veg. Hy het geen wre­wel oor die voor­val nie.

“Ek het nie py­ne met hom nie en ek soek be­slis nie wraak vir e­nig­iets wat ge­sê is nie. Al wat dit vir my ge­wys het, is ie­mand wat met pas­sie speel en ie­mand wat om­gee oor hoe hy as bou­ler ver­toon,” sê dié rooi­kop-En­gels­man.

“On­ge­luk­kig tel die paal­tjie­mi­kro­foon dees­dae als op wat in die hit­te van die stryd kwyt­ge­raak word. Jy kan nie op ie­mand vloek nie, soos ek al self uit­ge­vind het.

“Maar ek sal baie ver­baas wees as hy die kalm­te self in die der­de toets is. Daar­die ag­gres­sie ken­merk hom as bou­ler, dis deel van sy re­per­toi­re.”

S­to­kes het ook straf­pun­te – wat vol­gens die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad se ge­drags­ko­de vir spe­si­fie­ke oor­tre­dings toe­ge­dien word – teen sy naam. As ’n spe­ler ’n se­ke­re hoe­veel­heid pun­te teen sy naam het, word hy vir een wed­stryd ge­skors.

“Ons moet maar ver­sig­tig wees wat ons sê en waar dit ge­sê word.” – S­port24

Fo­to: GETTY IMAGES

Ka­gi­so Ra­ba­da be­rei saam met die Pro­te­as voor vir die der­de toets teen En­ge­land, wat van van­dag op die O­val in Lon­den be­slis word. Hy het die twee­de toets weens ’n skor­sing mis­ge­loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.