ASA stuur Gi­de­ons­ben­de

WÊRELDBYEENKOMS IN LON­DEN

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Van al die top-at­le­tie­kna­sies wat vol­gen­de week gaan op­ruk na die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se Wêreldbyeenkoms in Lon­den, gaan Suid-A­fri­ka waar­skyn­lik die klein­ste span hê.

At­le­tiek Suid-A­fri­ka se span sal uit slegs 27 at­le­te be­staan. Dié span word by­voor­beeld ver­dwerg deur A­me­ri­ka se kon­tin­gent van 132 at­le­te.

Slegs at­le­te wat die IAAF se kwa­li­fi­se­ren­de ver­eis­tes ge­haal het, mag in Lon­den deel­neem, maar nie min­der nie as 12 Suid-A­fri­ka­ners wat wel dié ver­eis­tes ge­haal het, is oor die hoof ge­sien vir die Wêreldbyeenkoms.

is die e­nig­ste land wat al­ter­na­tie­we ver­eis­tes vir sy at­le­te, wat aan­sien­lik ho­ër is as die IAAF s’n, ge­stel het.

On­der A­me­ri­ka se span tel agt O­lim­pie­se kam­pi­oe­ne van ver­le­de jaar se S­pe­le in Rio en 12 wat op 2012 se S­pe­le in Lon­den goud ver­o­wer het.

Ti­an­na Bar­to­let­ta (ver­spring), A­lys­son Felix (400 m), Joe Ko­va­cs (ge­wig­stoot) en Chris­ti­an Tay­lor (drie­sprong) sal in Lon­den poog om hul wê­reld­ti­tels te ver­de­dig. Bar­to­let­ta, Felix en Tay­lor is boon­op in die voor­ste plek­ke op die 2017-rang­lys in hul on­der­skeie i­tems.

Duits­land stuur 71 at­le­te, met die spies­gooi-duo van T­ho­mas R­öhler en Jo­han­nes Vet­ter wat die span se aan­slag sal lei. Die drie­ma­li­ge dis­kus­gooi-wê­reld­kam­pi­oen Ro­bert Har­ting en twee­ma­li­ge ge­wig­stoot­kam­pi­oen Da­vid S­torl is ook in­ge­sluit.

U­sain Bolt se swa­ne­sang op die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog sal die fo­kus groot­liks op hom plaas wan­neer hy Ja­mai­ka se groep van 59 at­le­te lei.

Po­le se span be­staan uit 49 at­le­te wat die ha­mer­gooi­ers A­ni­ta Wlo­dar­czyk, wat die O­lim­pie­se kam­pi­oen en wê­reld­re­kord­hou­er is, en Pa­wel Fa­j­dek, wat die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen is, in­sluit.

Aus­tra­lië het ’n groep van 48 at­le­te in­ge­skryf, die land se groot­ste span se­dert 1999. Da­ne Bi­rd-S­mith, wat ’n goue me­dal­je in die 20 km-pad­wed­loop ver­Suid-A­fri­ka o­wer het op die S­pe­le in Rio, tel on­der sy at­le­te.

Die na­el­lo­per And­re de Gras­se sal een van Ka­na­da se voor­ste me­dal­je-aan­spraak­ma­kers in sy groep van 48 at­le­te wees.

C­hi­na stuur 46 at­le­te na Lon­den. On­der sy at­le­te tel die sil­wer­me­dal­je­wen­ner in die hoog­spring by die vo­ri­ge Wêreldbyeenkoms, Z­hang Gou­wei, en die brons­me­dal­je­wen­ner in die ver­spring, Wang Ji­a­nan.

Z­hang Wenx­iu, wat ver­le­de jaar ’n O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je in die ha­mer­gooi vir vroue ver­o­wer het, sal ook haar slag in die En­gel­se hoof­stad wys.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die oë sal op U­sain Bolt ge­rig wees by die Wêreldbyeenkoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.