SA A sweet vir se­ge oor In­dië se naas­bes­tes

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die Suid-A­fri­kaan­se A-krie­ket­span het ’n mi­ni-kolfi­neen­stor­ting aan die ein­de van sy wed­stryd teen In­dië se naas­bes­tes oor­leef om die eer­ste wed­stryd in die drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks met twee paal­tjies te wen.

In­dië A se ska­me­le 152 lo­pies was gis­ter op die Groen­kloof-veld in P­re­to­ria so by­na ge­noeg. Die kolf­blad was die draai­bou­lers goed­ge­sind, ter­wyl die bal sta­dig en laag ge­hou het toe die naat­bou­lers hul slag ge­toon het.

Suid-A­fri­ka A het met 153/8 in 37.4 boul­beur­te ge­ant­woord om met ’n bo­nus­punt te wen.

Da­ne Pa­ter­son (11) is as ’n mo­ker­man voor mid­dag­e­te in­ge­stuur, maar sy ver­trek het SA A op 16/2 ge­laat. Ree­za Hen­dricks (11) en K­ha­ya Zon­do (15) kon nie aan die gang kom nie en toe Hein­rich Klaas­en (24) boon­op uit is, was die gas­heer op 71/5 in die knyp in sy jaag­tog.

Far­haan Be­har­dien (37*) en D­wai­ne P­re­to­ri­us (38) het die kolf­beurt te­rug op koers ge­had toe die draai­er Yu­z­ven­dra C­ha­hal (3/41) toe­ge­slaan het. Die tuis­span het van 133/5 tot 145/8 in duie ge­stort.

C­ha­hal het P­re­to­ri­us ge­boul, ter­wyl Jon-Jon S­muts (0) in die­self­de boul­beurt sy paal­tjies raak­ge­slaan het. C­ha­hal het In­dië A hoop ge­gee toe hy ook vir Beuran Hen­dricks (3) ge­boul het. Be­har­dien het aan die ein­de kop­ge­hou saam met Aa­ron P­han­gi­so (3*), wat vroeer met 4/30 die bes­te met die bal vir die tuis­span ge­vaar het.

Beuran Hen­dricks (2/15) het aan die be­gin twee paal­tjies in sy eer­ste boul­beurt laat kan­tel. Dit het die In­di­ërs, wat in­ge­stuur is om te kolf, op 7/2 ge­laat.

P­re­to­ri­us (3/24), Spe­ler van die Wed­stryd, het die vol­gen­de twee paal­tjies laat kan­tel. Suid-A­fri­ka A speel Son­dag by Tuks teen Af­ga­ni­stan A.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.