No­vak bê­re sy ra­ket vir res van die jaar

Beeld - - Sport -

No­vak D­jo­ko­vic sal die res van die jaar mis­loop om van ’n elm­boog­be­se­ring te her­stel.

Die 30-ja­ri­ge Ser­wie­se ten­nis­spe­ler het gis­ter in ’n vi­de­o­ver­kla­ring op Fa­ce­book ge­sê hy het be­sluit om die be­se­ring, wat hy in die kwart­eind­ron­de van Wim­ble­don ver­er­ger het, kans te gee om be­hoor­lik te her­stel.

“Ek het be­sluit om vir die res van 2017 aan geen ver­de­re toer­nooie deel te neem nie,” het D­jo­ko­vic ge­sê.

Hy het vir die eer­ste keer se­dert 2009 tot die vier­de plek op die wê­reld­rang­lys uit­ge­sak.

“Ek het die be­se­ring al vir die af­ge­lo­pe 18 maan­de pro­beer reg­dok­ter en dit het in die af­ge­lo­pe maand of twee al­gaan­de ver­er­ger.

“Ek moes ’n ra­di­ka­le be­sluit neem.”

Vol­gens D­jo­ko­vic is dit nie no­dig dat hy ge­o­pe­reer hoef te word nie.

D­jo­ko­vic het ’n te­leur­stel­len­de 12 maan­de op die baan be­leef en het in Mei sy he­le af­rig­ting­span die trek­pas ge­gee.

D­jo­ko­vic be­sef hy gaan nou nog ver­der op die rang­lys tui­mel, maar hy het ge­sê hy sal aan­staan­de jaar slag­ge­reed wees.

“Ek sal be­slis vol­gen­de sei­soen in die eer­ste week speel. Ek het ge­noeg tyd om te her­stel,” het hy ge­sê. – Reu­ters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.