Ier­se rug­by­spe­lers vas oor be­weer­de ver­krag­ting

Beeld - - Sport -

Twee Ier­se rug­by­spe­lers en Ul­ster­ster­re Pad­dy Jack­son en S­tu­art Ol­ding is deur die po­li­sie in Noord­Ier­land aan­ge­kla van ver­krag­ting.

Hul­le is in Ju­nie 2016 in heg­te­nis ge­neem oor die be­weer­de voor­val by ’n ei­en­dom in Bel­fast. Hul­le is vry­ge­laat han­gen­de ’n po­li­sie­ver­slag wat na die aan­kla­er ge­stuur is vir on­der­soek.

Die Ier­se Rug­by­u­nie (IRFU) en Ul­ster Rug­by het al­bei s­pe­lers eer­gis­ter van hul ver­plig­tin­ge vry­ge­stel.

“Ons is daar­van be­wus dat Pad­dy Jack­son en S­tu­art Ol­ding deur die PSNI (po­li­sie­diens in Noord­Ier­land) aan­ge­kla is in ver­band met erns­ti­ge aan­ty­gings teen hul­le,” sê die IRFU in ’n ver­kla­ring.

“Die s­pe­lers gee hul vol­le sa­me­wer­king en het die aan­ty­gings ten sterk­ste ont­ken. Die IRFU en Ul­ster be­skou hier­die aan­ty­gings in ’n ui­ters erns­ti­ge lig.” – rug­by365.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.