En­ge­land­hok­kie­brei­er kry hart­aan­val in SA

Beeld - - Sport -

Die af­rig­ter van En­ge­land se vrou­e­hok­kie­span, Dan­ny Ker­ry, het ty­dens die af­ge­lo­pe Wê­reld­li­ga­half­eind­toer­nooi by Wits in Jo­han­nes­burg ’n hart­aan­val ge­had.

Ker­ry, wat die En­gel­se span se­dert 2003 af­rig en on­der wie die B­rit­te ver­le­de jaar goud op die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro ge­wen het, het op 15 Ju­lie o­lik be­gin voel.

En­ge­land het Sa­ter­dag der­de on­der die 10 span­ne by Wits ge­ëin­dig deur Ar­gen­ti­nië met 5­2 te klop.

Ker­ry het die span se laas­te twee wed­stry­de mis­ge­loop na­dat hy in die Mil­park­hos­pi­taal op­ge­neem is.

Die 46­ja­ri­ge brei­er is se­dert­dien ont­slaan en sal nou in En­ge­land aan­sterk.

Hy sal hom na ver­wag­ting in Sep­tem­ber weer by En­ge­land aan­sluit wan­neer die span sy Eu­ro­pe­se ti­tel in Am­ster­dam gaan ver­de­dig. – eng­land­hoc­key.co.uk, bbcsport.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.