Wal­la­by­flank laat vaar WB­hoop en kies Ja­pan

Beeld - - Sport -

Die Wal­la­by­flank Se­an M­cMahon het ’n kon­trak van twee jaar in Ja­pan be­ding en sê dis on­waar­skyn­lik dat hy in 2019 vir ’n twee­de keer in ’n Wê­reld­be­ker­toer­nooi sal speel.

Ter­wyl hy nie wou ont­hul vir wat­ter klub hy in Ja­pan gaan uit­draf nie, het M­cMahon wel be­ves­tig dat hy sy laas­te wed­stryd vir die Mel­bour­ne Re­bels ge­speel het.

“Dit was ’n groot be­sluit. Daar was ’n paar per­soon­li­ke din­ge en ook an­ der fak­to­re waar­op ek nie wil uit­wei nie, wat by­dra­end was. Die be­sluit gaan ’n groot im­pak op my loop­baan en per­soon­li­ke le­we hê,” sê die 23­ja­ri­ge M­cMahon.

Hy het nog net 15 toet­se ge­speel se­dert sy bui­ging teen Wal­lis in 2014.

Hy is ge­du­rig deur be­se­rings ge­kort­wiek, maar hy het ook die pro­bleem dat hy met Da­vid Po­cock en Mi­cha­el Hooper om die nr. 7­trui moet mee­ding. – Reu­ters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.