Kan Am­la die hor­lo­sie te­rug na 2012 draai?

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg IMAGES

Die vo­ri­ge keer toe hy vir SuidA­fri­ka in ’n krie­ket­toets op die O­val in Lon­den ge­speel het, het hy die re­kord­boe­ke her­skryf.

Hashim Am­la het in die eer­ste toets in 2012 die eer­ste SuidA­fri­ka­ner ge­word wat ’n drie­dub­be­le hon­derd­tal (311) in toets­krie­ket aan­ge­te­ken het en die Pro­te­as het dié krag­me­ting met ’n beurt en 12 lo­pies ge­wen. Dié se­ge het die Pro­te­as ge­help om die toets­reeks te be­klink.

Am­la sal weer ’n steun­pi­laar in die Suid-A­fri­kaan­se span wees in die der­de toets, wat van­dag be­gin.

Die reek­stel­ling is tans 1-1, maar die Pro­te­as gaan die toets op die voor­voet bin­ne na­dat hul­le in die twee­de toets ’n oor­win­ning met 340 lo­pies op T­rent B­rid­ge in Not­ting­ham be­haal het.

Dit is eg­ter on­waar­skyn­lik dat Suid-A­fri­ka weer ’n reu­se-tel­ling soos die 637/2, wat hy in 2012 aan­ge­te­ken het, sal op­sta­pel.

Die vroeë aan­dui­dings is dat daar re­de­lik baie gras op die kolf­blad ge­laat gaan word en die weer­voor­spel­ling is boon­op ook nie guns­tig vir kol­wers nie.

Be­wolk­te toe­stan­de met ’n paar buie word vir die eer­ste vier dae van die toets voor­spel, met re­ën wat straks Maan­dag ’n stok­kie voor spel kan steek.

Suid-A­fri­ka sal eg­ter hoop dat Am­la (34) sy goeie her­in­ne­rin­ge van die O­val kan laat her­leef.

Dié be­baar­de kol­wer het die laas­te jaar of wat ge­suk­kel om sy bes­te peil te be­reik, maar hy het op T­rent B­rid­ge al hoe meer soos die Am­la van ouds ge­lyk. Sy tel­lings van 78 en 87 was die hoog­ste tel­lings in al­bei beur­te.

Hy sou eg­ter in die ver­le­de min­stens een van dié tel­lings in ’n groot hon­derd­tal om­skep het.

Sy ge­brek aan hon­derd­tal­le die laas­te jaar is op­merk­lik. Sy 134 teen Sri Lan­ka in Ja­nu­a­rie is sy e­nig­ste toets-hon­derd­tal in 25 kolf­beur­te se­dert die be­gin van die tuis­reeks teen Nieu-See­land in Au­gus­tus ver­le­de jaar.

Hy het van­dees­week op ’n nuus­kon­fe­ren­sie ge­sê die Pro­te­as se veg­gees in 2012 op die O­val, eer­der as sy beurt van 311 (steeds ’n SA re­kord), is wat hy die bes­te ont­hou.

“Ons het die eer­ste dag ge­boul en En­ge­land was in ’n sterk po­si­sie. Ons het toe die vol­gen­de og­gend te­rug­ge­veg en hul­le vir so 380 uit­ge­haal. Dit het ons te­rug in die wed­stryd ge­kry en die kans ge­gee om te wen,” het ’n be­skeie Am­la met ver­wy­sing na die veg­gees ge­sê.

Am­la meen die O­val is een van die bes­te toets­vel­de ter wê­reld.

Suid-A­fri­ka word ver­sterk met die te­rug­keer van die jong blits­bou­ler Ka­gi­so Ra­ba­da. Hy ver­vang Du­an­ne O­li­vier.

To­by Ro­land-Jo­nes sal sy de­buut vir En­ge­land maak in die plek van Mark Wood, wat ’n hak­be­se­ring het.

Alas­tair Cook, Ke­a­ton Jen­nings, Tom We­st­ley, Joe Root (k), Da­wid Ma­lan, Jon­ny Bair­stow, Ben S­to­kes, Moeen Ali, S­tu­art Bro­ad, To­by Ro­land­Jo­nes, Ja­mes An­der­son.

De­an El­gar, Hei­no Kuhn, Hashim Am­la, Quin­ton de Kock, Faf du P­les­sis (k), Tem­ba Ba­vu­ma, Ver­non P­hi­lan­der, Chris Mor­ris, Kes­hav Ma­ha­raj, Ka­gi­so Ra­ba­da, Mor­né Mor­kel.

12:00­14:00; 14:40­16:40; 17:00­19:00.

SS 2 en GDN van 11:00.

Fo­to: GETTY

Hashim Am­la vier in 2012 sy drie­dub­be­le hon­derd­tal teen En­ge­land op die O­val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.