Mordt: Moet Jan­tjies nie krui­sig, be­skerm hom

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus-rug­by­on­der­steu­ners moet nie El­ton Jan­tjies té straf kri­ti­seer nie. “Los nou maar die klip­pe waar­mee hy ge­gooi word en laat hom sy eie spel speel,” sê die eer­tyd­se S­pring­bok- en Trans­vaal­vleu­el, Ray Mordt.

“Jan­tjies het wel teen die Haaie ’n af­dag be­leef, maar daar is om­trent nie ’n los­ska­kel wat nié sal suk­kel as sy voor­spe­lers nie die oor­hand het nie.

“Kyk nou maar net na Da­mien M­cKen­zie. Hy is ’n puik spe­ler, maar toe hy on­langs teen die B­rit- se en Ier­se Leeus los­ska­kel ge­speel het, het hy ook kwaai ge­suk­kel om­dat sy voor­spe­lers on­der druk was. Trou­ens, die e­nig­ste los­ska­kel wat ek ooit ge­sien het wat sy stem­pel kon af­druk, selfs al suk­kel sy voor­spe­lers, was Naas Botha,” sê Mordt.

Jan­tjies het in ver­le­de Sa­ter­dag se Su­per-kwart­eind­stryd teen die Haaie met vier stel­skop­pe mis­luk.

Die Gau­ten­gers speel Sa­ter­dag ’n half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes op El­lis­park.

Mordt meen Jan­tjies moet net en­ke­le ver­stel­lings aan sy spel maak en dalk soms ef­fe die­per speel. “Ek meen ook hy moet soms die si­tu­a­sie be­ter op­som. Hy gaan ver­al teen die Hur­ri­ca­nes hulp van die s­pe­lers om hom no­dig hê, want hul­le gaan hom be­slis in hul vi­sier hê.

“Ver­al Ross Cron­jé gaan ’n be­lang­ri­ke rol moet speel om hom te be­skerm en hom die ruim­te te gee wat hy no­dig gaan hê om ef­fek­tief te wees,” sê Mordt. “Goeie s­pe­lers flo­reer on­der druk en ek glo Jan­tjies sal deur­kom.”

Wat die half­eind­stryd be­tref, sê Mordt die Leeus moet dit soos ’n toets be­na­der. “’n Oor­win­ning, selfs met net een punt, sal goed ge­noeg wees. As jy die kans kry om pun­te aan te te­ken, be­nut dit en moe­nie uit jou eie kwart­ge­bied hard­loop nie, be­hal­we as daar ’n oog­lo­pen­de aan­val­skans is.

“Skop die bal en speel vir veld­po­si­sie as jy in jou eie rooi so­ne is,” be­na­druk Mordt. “Straf­skop­pe moet ook be­nut word.

“Die Hur­ri­ca­nes se tak­tiek gaan wees om die bal ag­ter die Leeusver­de­di­gers te skop so­dat hul­le moet te­rug­val. Hul­le sal hoop die Leeus hard­loop dan uit hul eie ge­bied en dit is waar hul­le met sterk ver­de­di­ging ge­smoor gaan word. Daar­om moet die Leeus nie in daai strik trap om van diep in hul eie ge­bied te wil hard­loop nie. Hul­le moet die si­tu­a­sie goed lees.”

Die oud-S­pring­bok meen ook die krag­me­ting gaan ’n maat­staf wees van die krag van Suid-A­fri­kaan­se rug­by.

“Ek dink dit gaan ’n stryd van sen­ti­me­ters wees en die agt­tal wat die oor­hand kry, sal hul span bo laat uit­kom. Nieu-See­land­se agt­tal­le is oor­heer­send en dus sal die Leeus moet doen wat die B­rit­se en Ier­se Leeus in die af­ge­lo­pe reeks ge­doen het en die Hur­ri­ca­nes in die skrums en vas­te fa­set­te moet oor­heers.

“Al­les gaan af­hang hoe die Leeus se vas­te vyf vaar. Hul­le hou vir my die sleu­tel tot suk­ses,” sê Mordt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.