Pol­lard on­der mes; kom­mer vir Bok­ke

Beeld - - Sport -

Al­lis­ter Coet­zee, die S­pring­bok­af­rig­ter, is op he­te ko­le oor ’n drei­gen­de los­ska­kel­kri­sis in die aan­loop tot van­jaar se Rug­by­kam­pi­oen­skaps­reeks.

Han­dré Pol­lard was ver­le­de week weer on­der die mes en dit is on­waar­skyn­lik dat hy ge­reed sal wees vir toets­rug­by wan­neer die Bok­ke op 8 Au­gus­tus in Port E­li­za­beth saam­trek.

Met Pat Lam­bie wat vir min­stens drie maan­de nie kan speel nie, is daar die laas­te ruk in die Bok­kamp angs­tig ge­wag op nuus oor Pol­lard se en­kel­be­se­ring. Hy is die laas­te paar dae by ’n na­si­o­na­le me­die­se en kon­di­si­o­ne­rings­kamp in S­tel­len­bosch ge­toets.

Die be­se­ring het die 23­ja­ri­ge los­ska­kel van die Bul­le se Su­per­rug­by­veld­tog in A­pril kort­ge­knip. Hy was ver­le­de maand be­stem om as ’n plaas­ver­van­ger speel­kans vir die Suid­ A­fri­kaan­se A­span teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans in So­we­to te kry.

Pol­lard moes hom kort voor dié wed­stryd ont­trek toe die be­se­ring op­ge­vlam het.

Her­man Ros­souw, die Bul­le se span­dok­ter, sê daar is met die aan­vank­li­ke o­pe­ra­sie “kno­pies” in Pol­lard se en­kel ge­sit wat as “an­kers” die be­seer­de li­ga­ment moes on­der­steun.

“Han­dré het baie on­ge­mak ge­had en dit het hom te­rug­ge­hou. Daar is be­sluit om dit (ver­le­de week) te ver­wy­der. Al­les het goed af­ge­loop en die doel­wit is om sy kon­di­si­o­ne­ring op peil te kry.”

Coet­zee het ver­le­de week toe­ge­gee hy is be­kom­merd oor die diep­te op los­ska­kel, want F­red Zei­lin­ga, Ro­bert du P­reez en Je­an­Luc du P­les­sis is ook be­seer. – Co­bus Claas­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.