Bo­stuk­loos – as die grond­pad wink

Beeld - - Ry­indruk - a­ne­mo­to78@gmail.com Ry saam met Ané Ané T­heron

’NAf­slaan­kap-sportnuts? En dis nie ’n Jeep nie? Dit klink mis­kien soos die ver­ge­sog­te fan­ta­sie van ’n flam­bo­jan­te mo­tor­ont­wer­per, maar die sexy nu­we Ran­ge Ro­ver E­vo­que Con­ver­ti­ble het ein­de­lik sy ver­sky­ning in SuidA­fri­ka ge­maak. Ek het ’n week lank met hom ge­ry en die stra­te ge­wis oran­je ge­verf!

Wat het ons hier?

Die E­vo­que is een van Land Ro­ver se wê­reld­wye top­ver­ko­pers, en dis ver­al die da­mes wat by hom aan­klank vind, hoe­wel baie man­ne ook gaan­de is oor die ont­werp.

Ek vind nie die ont­werp be­son­der vrou­lik nie – die E­vo­que se sti­le­ring (met of son­der dak) is nog­al ag­gres­sief – en hy kan op­ge­dol­lie word met meer man­li­ke bykomstighede, soos on­der meer die swart al­looi­wie­le op my toets­mo­del.

So ja, glad nie meer so fem­me nie.

Die oop­dak-E­vo­que is vier­wiel­ge­dre­we en het erns­ti­ge veld­ry­vaar­dig­he­de – maar met daai la­e­pro­fiel­ban­de? Ek dink eer­der nie so nie. Ek was selfs ver­sig­tig vir sy­paad­jies klim. So kom ons ver­geet van die af­slaan­kap-E­vo­que as har­de­baard­boen­doe-en­toe­si­as.

As jy in­klim

Die bin­ne­ruim is prag­tig mo­dern en by­kans per­fek af­ge­werk, en is toe­ge­rus met Land Ro­ver se jong­ste (en ge­bruiks­vrien­de­li­ke) raak­skerm­stel­sel, na­vi­ga­sie in­ge­sluit. My toets­mo­del was ge­laai met by­ko­men­de e­lek­tro­nie­se hulp­stel­sels vir vei­lig­heid, as­ook par­keer­hulp, wat om­trent self vir jou par­keer met be­hulp van ’n 360-gra­de-ka­me­r­a­stel­sel.

Dit vorm als deel van die D­ri­ver As­sis­tan­ce Pack (R37 500) wat jou ook waar­sku oor aan­ko­men­de ver­keer wan­neer jy ag­ter­uit­ry, as­ook jou be­stuur­styl mo­ni­tor en waar­sku teen moeg­heid.

La­ne Keep As­sist is ’n te­rug­du-funk­sie wat jou sag­gies te­rug in jou baan in druk as die stel­sel ver­moed jy gaan jou baan ver­laat.

Die twee­li­ter-tur­bo-pe­trol­en­jin (177 kW en 340 Nm) is lek­ker le­wen­dig, maar sy 12-li­ter-drink­ge­woon­te is duur. Die stuur­ge­voel is ook te lig na my sin, maar dis mos hoe die mees­te sport­nut­se voel. ’n An­der grief is die voor­ste sit­plek­ke wat net e­lek­tro­nies kan ver­stel wan­neer die sprui­te ag­ter­in wil uit of in – nie dat jy hier­die kar gaan koop as jy kin­ders het nie.

Net soos die kon­ven­si­o­ne­le E­vo­que, is dié mo­tor se skou­er­lyn baie hoog, so­dat jou sig na die kant ver­sper word, en die min­der­ja­ri­ge ag­ter­ban­kers kan om­trent net die te­le­foon­pa­le sien ver­by­flits. Die 251-li­ter-ba­ga­sie­bak klap oop soos ’n oop­dak-Mi­ni s’n, en is lek­ker diep, maar nie be­son­der hoog nie.

So, wat dink ons?

On­danks sy fout­jies, is die oop­dak-E­vo­que baie lek­ker­der as wat hy sleg is. Ek was die heel­tyd be­wus van ’n ge­voel van vry­heid en luuks­heid wat net ’n ca­bri­o­let kan gee. En boon­op sit ’n mens so lek­ker hoog, nie by­na plat op die grond soos in ’n Ma­z­da MX-5 nie!

Die seil­dak­kie slaan vin­nig (en ge­luid­loos) af as ’n re­ën­bui sou ver­skyn.

Die groot­ste pret was ’n vin­ni­ge (en koue) rit op die prent­jie­mooi Rooi­els­pad, met die wind in my ha­re en vin­gers op die rat­spa­ne.

Ter­wyl die Duit­se af­slaan­kap­mo­tors se sit­plek­ke ge­woon­lik lug­o­pe­nings het wat warm lug in ’n mens se nek blaas, het hier­die E­vo­que nie eens ver­hit­ba­re sit­plek­ke nie. As jy aan­dring op dak­loos rond­rits in die koe­ler maan­de, kan jy dit be­stel teen R5 900. Ont­hou net jou serp.

As jy nie raak­ge­sien wil word nie, is die P­hoe­nix Oran­ge-verf­werk (R25 800) dalk nie vir jou nie. Ek dink die oop­dak-E­vo­que lyk al te fraai in Fi­ren­ze Red (R4 300). Die mees­te men­se wat ’n af­slaan­kap­mo­tor aan­skaf, wil tog aan­dag trek. Hoe an­ders gaan men­se weet dat jy al daai geld be­stee het? In die goed toe­ge­rus­te E­vo­que Con­ver­ti­ble se ge­val: ’n sty­we R1 029 000 son­der ek­stras.

■ Ané T­heron is ’n heel­tyd­se mo­tor­skry­wer by Au­toTra­der.co.za en ’n ma van twee le­wen­di­ge la­er­skool­sprui­te (so­wel as twee op­tel­kat­te).

’n Kus­pad en ’n oop dak, wat meer kan ’n mens voor vra? Jip, selfs al is dit ’n Ran­ge Ro­ver. Die nu­we E­vo­que Con­ver­ti­ble meng veld­ry met ’n son­soek­er­va­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.