Wat kwel vir K­viy­at dees­dae dan so?

Beeld - - Formule Een - Pyl­vak C­har­len Ray­mond char­len­ray@gmail.com

Dit is nie dat Toro Ros­so ’n swak span is nie, die klomp dra tans net baie swaar aan druk. En nee, dit het niks met fi­nan­sies of mags­be­hept­heid te doen nie, maar eer­der die span se ja­ers wat die le­we vir me­kaar – en hul­self – bit­ter moei­lik maak.

Met die For­mu­le 1-sei­soen wat ná hier­die na­week se ren in Hon­ga­rye op sy ge­bruik­li­ke so­mer­va­kan­sie gaan, staan Hel­mut Mar­ko, Chris­ti­an Hor­ner en kie (die groot be­sluit­ne­mers by Red Bull en Toro Ros­so) voor groot keu­ses ra­ken­de die twee ja­ers op wie se skou­ers daar tans so baie druk is: Car­los Sai­nz en Da­niil K­vy­at.

’n Warm Rus

F1-aan­han­gers sal ont­hou hoe K­vy­at in 2016, in die Rus­sie­se Grand P­rix, twee keer teen Se­bas­ti­an Vet­tel se Fer­ra­ri vas­ge­jaag het. En dit boon­op skaars met die aan­vang van die ren.

Daar­die stam­pe was die laas­te strooi in ’n aan­loop van om­stan­dig­he­de waar­in die jong Rus hom­self tel­ke­ma­le be­vind het. Hy is hier­na van­af Red Bull na Toro Ros­so ge­de­mo­veer ter­wyl die nu­we sen­sa­sie, Max Ver­stap­pen, na Red Bull be­vor­der is.

Die twee het dus ba­sies sit­plek­ke om­ge­ruil.

For­meel was die ge­dag­te met die te­rug­stuur van K­vy­at na Toro Ros­so dat hy weer sy self­ver­troue moes her­win om goeie be­slui­te op die baan te kan neem – met die oog daar­op om in die toe­koms weer vir Red Bull te kan ry.

Maar K­vy­at, wil dit voor­kom, het dit nog nie in 2017 ver­mag nie. In die eer­ste helf­te van die sei­soen was hy in me­ni­ge on­ge­luk (wat hy self ver­oor­saak het) be­trok­ke en het hy selfs sy span­maat in die B­rit­se GP uit­ge­haal.

K­vy­at is wel ty­dens dié ren ge­straf, maar het ná die tyd ge­sê dat die on­ge­luk eint­lik Sai­nz se skuld was en dat dié nie eens met hom moet praat nie.

K­vy­at se oor­y­we­rig­heid sal ge­tem moet word, want sy by­naam as “die vuur­pyl” on­der die an­der ja­ers be­wys hom geen guns­te nie.

Sai­nz raak on­ge­dul­dig

Toe Ver­stap­pen in 2016 na Red Bull be­vor­der is, het Sai­nz by Toro Ros­so ag­ter­ge­bly. Iets wat die S­pan­jaard nie juis op­ge­won­de oor was nie. Tog het hy sy ding ge­doen en goeie re­sul­ta­te vir Toro Ros­so be­haal.

Van­jaar het hy hier­die werk­wy­se voort­ge­sit, maar toe, op Sil­vers­to­ne, het Sai­nz die bom laat bars dat hy nié aan­staan­de jaar vir Toro Ros­so gaan jaag nie. Hy is na een van die gro­ter span­ne op pad.

Maar sy ban­de is som­mer gou deur Hor­ner af­ge­blaas toe die baas in die o­pen­baar sê dat Sai­nz nê­rens heen op pad is nie en dat hy in 2018 vir Toro Ros­so gaan jaag.

Dalk pro­beer Sai­nz vir Red Bull kry om hom in óf Ver­stap­pen óf Da­niel Ric­ci­ar­do se sit­plek te kry. Dalk hét hy met Fer­ra­ri, Mer­ce­des of M­cLa­ren ge­sels. Dalk selfs met Renault.

Maar Sai­nz, nes die an­der drie ja­ers wat aan Red Bull en Toro Ros­so ver­bon­de is, het ’n kon­trak wat so dig soos No­ag se ark is. Net Red Bull kan die kon­trak ver­breek, óf die aan­bod wat ’n an­der span op ’n ja­er maak moet fi­nan­si­eel tot Red Bull se voor­deel strek voor­dat hul­le ’n ja­er laat gaan.

In hier­die sta­di­um is al vier Red Bull-ja­ers vir 2018 ge­kon­trak­teer en gaan daar vol­gen­de jaar geen ver­an­de­rin­ge by e­ni­ge van die twee span­ne plaas­vind nie, maar dis ge­wis so dat so­wel K­vy­at as Sai­nz vol­gen­de jaar vir Toro Ros­so gaan jaag – al is dit net om hul­le te straf vir hul on­der­skeie “ui­tin­ge” in 2017. Dit lyk mos nou of Hor­ner en kie als on­der be­heer het.

Vir ’n tra­di­si­o­ne­le koue Rus het die jong Da­niil K­vy­at al me­ni­ge heet­hoof­di­ge oom­blik op die baan er­vaar, ten kos­te van sy loop­baan. Is hy weer op pad te­rug na Red Bull?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.