Har­de hik, toe’s dit Bot­te­ril wat sit

Beeld - - Formule Een -

Die een (en­jin) se dood is die an­der se brood.

Dít was die af­ge­lo­pe na­week die ge­val in die Volks­wa­gen­tyd­ren in die Oos­Kaap toe die guns­te­ling wat van be­gin tot ein­de los voor ge­jaag het, in die voor­laas­te snel­tra­jek langs die pad bly staan het.

Die en­jin van die Toyo­ta E­ti­os S1600 van die voor­ja­ers in die reeks, Guy Bot­te­rill en sy na­vi­ga­tor, Si­mon Va­cy­Ly­le, voor­af die groot guns­te­lin­ge om die ren te wen, het met die ein­de in sig die gees ge­gee.

Dit het hul­le nie net die oor­win­ning ge­kos nie, maar hul po­si­sie in die kam­pi­oen­skap het ook in die slag ge­bly.

“Ons het blit­sig weg­ge­spring,” het ’n te­leur­ge­stel­de Bot­te­rill ge­sê na­dat hul­le uit­ge­val het. “Al­les het goed ge­lyk en ge­voel, en ons was dui­de­lik op pad om die by­een­koms te wen. Maar toe duik ’n pro­bleem met die en­jin op, en ons moes stop – en dit met nog net een vol­le snel­tra­jek oor.”

Die VW­tyd­ren is een van die kroon­ju­we­le op die na­si­o­na­le reeks se ka­len­der en is ook tra­di­si­o­neel die half­pad­punt in die sei­soen.

Bot­te­rill en Va­cy­Ly­le het voor die by­een­koms baie werk aan hul Toyo­ta E­ti­os S1600 ter voor­be­rei­ ding vir die twee­de helf­te van die sei­soen ge­doen en was op­ge­won­de oor hul kan­se, maar hier­die te­rug­slag plaas hul­le on­der groot druk vir die res van die sei­soen.

Die jong Ri­chard Lee­ke en sy na­vi­ga­tor, Hen­ry Kohne (Ford Fies­ta), wat deu­ren­tyd twee­de was en drie van Sa­ter­dag se ses snel­tra­jek­te ge­wen het, het die oor­win­ning ge­ërf en so­doen­de hul eer­ste se­ge vir die sei­soen be­haal.

Dit was ook ’n nu­we re­kord­ver­to­ning deur­dat die 21­ja­ri­ge Lee­ke die jong­ste ja­er nóg ge­word het wat ’n na­si­o­na­le tyd­ren kon wen.

Lee­ke het so­doen­de ook die nu­we voor­lo­per in die ti­tel­stryd ge­word, maar het ’n ge­dug­te taak in die oor­bly­wen­de drie ron­des van die reeks.

Die Volks­wa­gen­vlag vir die by­een­koms is deur AC Pot­gie­ter en Ni­co Swartz (VW Po­lo) hoog ge­hou, wat as uit­ein­de­li­ke naas­wen­ners met ’n ag­ter­stand van 34 se­kon­des ag­ter die wen­Fies­ta uit die stryd ge­tree het.

Die der­de trap op die po­di­um is deur Chris Coert­se en G­reg Go­drich in hul nu­we Ma­z­da2 in­ge­neem.

■ Die vol­gen­de ron­de is die E­lec­trothre­ad­tyd­ren, wat op 18 en 19 Au­gus­tus in die om­ge­wing om Bronk­horst­spruit in Gau­teng be­slis word.

Fo­to: MOTORPRESS

Ri­chard Lee­ke (Ford Fies­ta) het die na­week in die Baai ’n groot mee­val­ler ge­had toe die voor­lo­per in die VW­tyd­ren, Guy Bot­te­rill (Toyo­ta E­ti­os), kort voor die laas­te skof me­ga­nie­se pro­ble­me op­ge­doen en die ren on­ver­rig­ter­sa­ke moes ver­laat. Lee­ke het die jong­ste wen­ner nóg van ’n na­si­o­na­le tyd­ren ge­word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.