Nog ’n bank los Gup­tas

E­s­kom se geld­hoof op ver­lof, sa­ke on­der­soek

Beeld - - Voorblad - Niel Jou­bert en E­li­se Tem­pel­hoff

Die Gup­ta-damp­kring het in die laas­te paar dae twee reu­se­te­rug­slae be­leef.

Nie net het een van die laas­te twee ban­ke wat nog met hul­le sa­ke doen ook hul ban­de be­gin ver­breek nie, maar A­noj Singh, glo een van die fa­mi­lie se be­lang­rik­ste kon­tak­te in E­s­kom, is as fi­nan­si­ë­le hoof ge­skors.

Die Bank van Ba­ro­da het vol­gens The S­tar die Gup­tas se Oak­bay In­ves­t­ments vroe­ër van­dees­week in­ge­lig dat hy sy re­ke­nin­ge gaan sluit.

Werk­ne­mers van die koe­rant The New Age en die TV-ka­naal ANN7, wat al­bei deur die Gup­tas be­sit word, is lui­dens die be­rig Dins­dag op ’n per­so­neel­ver­ga­de­ring oor die bank se be­sluit in­ge­lig om­dat dit la­ter die uit­be­ta­ling van sa­la­ris­se kan be­ïn­vloed.

Die bank het die Gup­tas glo tot ein­de Au­gus­tus tyd ge­gee om ’n ander bank te vind, skryf The S­tar.

Die re­gis­tra­teur van ban­ke het vroe­ër be­ves­tig dat hy die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik (Ou­ta) se ver­soek ont­vang het om die Bank van Ba­ro­da se bank­li­sen­sie te kan­sel­leer “weens sy wet­lik pro­ble­ma­tie­se by­stand aan die Gup­tas”.

“Dit wil nou voor­kom of die kontantkrane toegedraai word en ons hoop dat ander be­trok­ke par­tye sal sien kor­rup­sie loon nie,” sê Ben T­heron, Ou­ta se be­dryfs­hoof.

Ou­ta het op 13 Ju­lie ge­sê hy het be­wy­se by­me­kaar­ge­maak om op te tree teen die Bank van Ba­ro­da en The Sta­te Bank Of In­dia en het dit aan die re­gis­tra­teur en die Fi­nan­si­ë­le In­tel­li­gen­sie­sen­trum (FIS) oor­han­dig.

Ou­ta het om ’n on­der­soek na die twee ban­ke ge­vra weens hul ban­de met die Gup­tas.

Die ban­ke het glo ver­ban­de aan Gup­ta-maat­skap­pye toe­ge­staan wat aan­sien­lik gro­ter is as die waar­de van die eien­dom­me waar­op dit ge­re­gis­treer is.

Die Re­ser­we­bank dui aan dat hy “dien­oor­een­koms­tig sal op­tree”.

Suid-A­fri­ka se vier groot­ste ban­ke het verlede jaar al die re­ke­nin­ge ge­sluit van maat­skap­pye wat aan die Gup­ta-fa­mi­lie ver­bind is.

Oak­bay, die Gup­tas se hulp­bron­maat­skap­py, het vroe­ër van­dees­maand ge­sê hy is ge­dwing om van die JSE te de­no­teer om­dat hy nie aan die no­te­rings­ver­eis­tes kan vol­doen nie.

Gis­ter­aand het dit aan die lig ge­kom dat Singh op spe­si­a­le ver­lof ge­plaas is han­gen­de ’n on­der­soek na ver­dag­te tran­sak­sies en ten­ders by E­s­kom.

Dit kom ná in­gry­ping deur Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, en Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, be­rig Fin24.

E­s­kom het die skuif in ’n baie kort ver­kla­ring be­ves­tig.

Na­ta­sha Maz­zo­ne, DA-LP, ver­wel­kom dit.

Sy sê dit lyk as­of daar voor­uit­gang ge­maak word “ná die skoon­maak van die ver­rot­ting by E­s­kom”.

Die DA is van plan om straf­reg­te­li­ke klag­te teen Singh in te dien.

Maz­zo­ne sê daar is re­de om te glo dat Singh ’n “sen­tra­le rol ge­speel het in die Gup­tas se ka­ping van E­s­kom”.

Singh moet op 10 Au­gus­tus as deel van die par­le­men­tê­re on­der­soek na on­ge­rymd­he­de by E­s­kom voor die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings ver­skyn.

Sy skor­sing moet wel nie as ’n ver­sko­ning ge­bruik word om nie te ge­tuig nie, sê Maz­zo­ne.

Zet­hem­be K­ho­za, E­s­kom se waar­ne­men­de voor­sit­ter, het verlede week nog by die uit­rei­king van die maat­skap­py se re­sul­ta­te ge­sê daar is geen reg­ver­di­ging daar­voor om Singh te skors nie.

Maz­zo­ne meen Singh het moont­lik die Wet op die Be­stuur van O­pen­ba­re Fi­nan­sies (PFMA) oor­tree.

Siy­a­bon­ga Ga­ma, hoof van Trans­net, het on­langs aan­ge­kon­dig dié staats­on­der­ne­ming het ’n reg­span aan­ge­stel om ver­dag­te tran­sak­sies te on­der­soek waar­by Singh be­trok­ke was.

Singh was die fi­nan­si­ë­le hoof van Trans­net ter­wyl B­ri­an Mo­le­fe uit­voe­ren­de hoof was.

Mo­le­fe is in A­pril 2015 na E­s­kom ge­se­kon­deer en Singh het twee maan­de la­ter ook daar­heen ge­skuif.

A­noj Singh, fi­nan­si­ë­le hoof van E­s­kom, is nou op spe­si­a­le ver­lof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.