‘Ons sal Pta tot stil­stand bring’

Beeld - - Voorblad - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Le­de van die Suid-A­fri­kaan­se Mu­ni­si­pa­le Wer­kers­u­nie (Sam­wu) het gis­ter in ’n be­to­ging ge­dreig om P­re­to­ria tot stil­stand te bring as daar nie aan hul ei­se vol­doen word nie.

Sam­wu het ’n op­tog na die kan­toor van Moe­ket­si Mo­so­la, mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, ge­hou en ’n me­mo­ran­dum aan hom oor­han­dig.

Mp­ho Tla­diny­a­ne, Sam­wustreek­se­kre­ta­ris, sê die her­struk­tu­re­ring van die me­tro het wer­kers se werk­om­stan­dig­he­de ver­an­der son­der dat hul­le ge­raad­pleeg is.

Sam­wu be­weer daar word van se­ke­re Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie­le­de ver­wag om die stad te be­skerm son­der vuur­wa­pens, am­mu­ni­sie en koe­ël­vas­te­baad­jies.

Tla­diny­a­ne sê hul­le wil uit­sluit­sel oor her­struk­tu­re­rings­kon­sul­ta­sies hê. Hul­le sal die stad tot stil­stand bring as hul­le ge­ïg­no­reer word.

Mo­so­la het be­lo­we om bin­ne se­we werk­dae te reageer.

Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

Be­to­gen­de Sam­wu­le­de gis­ter in P­re­to­ria se mid­de­stad.

Be­to­gers op pad na die kan­toor van die Tshwa­ne­me­tro.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.