Sy gee haar laas­te R9

Beeld - - Voorblad -

De­si­ree Mo­ses (39), wat net ’n ty­de­li­ke pos as win­kel­as­sis­tent ge­had het, se hele le­we het ver­an­der na­dat sy die laas­te R9 in haar sak aan ’n lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie ge­gee het.

Mo­ses het in die Pep in Park­lands, Kaap­stad, ge­werk ter­wyl ie­mand met kraam­ver­lof was. Sy was nog net ’n paar we­ke daar toe Ann B­ührer in Mei slaap­kle­re gaan koop het vir kin­ders wat by ’n plek van vei­lig­heid aan die Wes­kus ge­huis­ves word.

“Toe sy hoor vir wie die kle­re is, het De­si­ree da­de­lik die sken­king ge­doen,” sê B­ührer.

“Sy het ge­vra: ‘Ag, hoe kan ek by­dra?’ En haar hand in haar sak ge­steek. ‘Dit is die laas­te geld wat ek het,’ het sy ge­sê.

“Ek het eer­lik ge­voel sy moet die geld hou en sê toe vir haar sy suk­kel self en hoef nie be­kom­merd te wees nie. Maar sy het ge­sê sy wil reg­tig hê ek moet die geld vat.”

B­ührer het Pep S­to­res se hoof­kan­toor ge­kon­tak om hul­le oor Mo­ses se wel­wil­lend­heid in te lig.

Ma­ri­ki S­chwie­bus, woord­voer­der van Pep S­to­res, sê dat Mo­ses heel­tyds aan­ge­stel gaan word.

“Pep wil sy klan­te ook laat goed voel en De­si­ree se op­tre­de stem 100% oor­een daar­mee,” sê sy. Mo­ses, wat in At­lan­tis woon, sê sy het nooit die re­ak­sie, ook op Facebook, ver­wag nie.

“As ’n ma van drie dog­ters sal ek al­tyd die helf­te van dit wat ek het aan ie­mand gee wat in nood is. Ek wil al­tyd ’n bie­tjie lief­de gee.”

Fo­to: NEWS24

De­si­ree Mo­ses

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.