Bran­ge­li­na An­ge­li­na maak oop oor Brad

Beeld - - Voorblad -

Sy en haar eks­man Brad Pitt gee steeds om vir me­kaar en vir hul ge­sin en hul­le werk saam na die­self­de doel.

Tog het din­ge by tye moei­lik ge­raak, sê An­ge­li­na Jo­lie in ’n o­pen­har­ti­ge on­der­houd met die glans­tyd­skrif Va­ni­ty Fair.

In Mei het Pitt in ’n on­der­houd met GQ S­ty­le ge­sê hy het op­hou drink en dat hy en Jo­lie hul pro­ble­me pri­vaat en op ’n vriend­skap­li­ke wy­se pro­beer uit­werk.

“Ek het met te­ra­pie be­gin en ek is dol daar­oor,” het Pitt in die on­der­houd ge­sê.

Dit is die eer­ste keer dat Jo­lie haar hart oor al­ler­lei kwes­sies in haar le­we uit­stort.

Jo­lie se on­ver­wag­te aan­kon­di­ging dat sy en Pitt gaan skei, het in Sep­tem­ber 2016 skok­gol­we deur Hol­ly­wood ge­stuur.

Die paar­tjie, wat as Bran­ge­li­na be­kend ge­staan het, het in 2014 ge­trou en het ses kin­ders – die aan­ge­no­me Mad­dox (15), Pax (13) en Za­ha­ra (12), en hul bi­o­lo­gie­se kin­ders, S­hi­loh (11), Vi­vien­ne (9) en K­nox (9).

Pitt is ook in ’n bit­ter stryd oor toe­sig oor die kin­ders vir kin­der­mis­han­de­ling on­der­soek om­dat hy sy hu­meur voor een van die kin­ders ver­loor het. Hy is on­skul­dig be­vind en in Ja­nu­a­rie het hul­le in­ge­stem om ’n pri­va­te reg­ter in die eg­skei­ding­saak te ge­bruik.

Jo­lie maak hul ses kin­ders nou alleen groot.

Vol­gens die Va­ni­ty Fair-ar­ti­kel het ’n dra­ma­tie­se voor­val op ’n pri­va­te vlieg­tuig waar­in Pitt glo in ’n fi­sie­ke en ver­ba­le ru­sie met Mad­dox be­trok­ke was, hul hu­we­lik die nek­slag toe­ge­dien.

‘‘

Ek dink dit is baie be­lang­rik om in die stort te huil en nie voor jou kin­ders nie. Hul­le moet weet dat al­les gaan uit­werk, al is jy self nie se­ker daar­van nie.

— AN­GE­LI­NA JO­LIE

Jo­lie het in­tus­sen in ’n huis van $25 mil­joen met ses slaap­ka­mers en tien bad­ka­mers in Los An­ge­les in­ge­trek.

Sy wil om die kin­ders se ont­hal­we nie oor die eg­skei­ding praat nie.

“Hier­die huis is ’n groot stap vo­ren­toe vir ons en ons al­mal doen ons bes om ons ge­sin te ge­nees.”

Daar was vroe­ër ge­rug­te dat hul le­wen­styl sy tol op Pitt ge­ëis het en dat hy na ’n sta­bie­ler, nor­ma­ler le­we vir sy hele ge­sin ge­smag het.

“Ons leef­styl was op geen ma­nier ne­ga­tief nie. Dit was nie die pro­bleem nie.

“Hul­le (die kin­ders) is ses baie sterk, be­dag­sa­me, wê­reld­se in­di­vi­due. Ek is baie trots op hul­le.”

La­ter in die on­der­houd het sy weer na haar kin­ders­ver­wys: “Hul­le was baie dap­per.”

Maar sy is krip­ties oor wan­neer hul­le dap­per was.

“Ons ge­nees al­mal net van die ge­beu­re wat tot die in­die­ning (van die dag­vaar­ding) ge­lei het . . . Hul­le ge­nees nie van die eg­skei­ding nie. Hul­le ge­nees van iets . . . van die le­we, van din­ge in die le­we.”

Oor kom­mu­ni­ka­sie tus­sen haar en Pitt sê sy:. “Ons gee om vir me­kaar en ons ge­sin en ons al­bei werk na die­self­de doel­wit.” Sy praat dan oor haar ma. “Ek was as kind baie be­kom­merd oor my ma. Ek wil nie hê my kin­ders moet oor my be­kom­merd wees nie.

“Ek dink dit is baie be­lang­rik om in die stort te huil en nie voor jou kin­ders nie. Hul­le moet weet dat al­les gaan uit­werk, al is jy self nie se­ker daar­van nie.”

Verlede jaar het Jo­lie, be­ne­wens hoë bloed­druk, Bell se ver­lam­ming ont­wik­kel. Die een kant van haar ge­sig het ge­sak weens die be­ska­di­ging van se­nu­wees.

Jo­lie sê sy het dank­sy a­ku­punk­tuur ten vol­le her­stel.

Sy en die kin­ders is nou op pad na Na­mi­bië waar S­hi­loh ge­bo­re is en ver­trek daar­na na Ke­nia, waar sy aan ver­skeie pro­jek­te gaan werk.

So lyk die voor­blad van die glans­tyd­skrif Va­ni­ty Fair waar­op An­ge­li­na Jo­lie pryk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.