Leeus Druk is lig­ter

ACKERS SÊ DRUK IS MIN­DER Tuis­span het ‘sorg­vry ge­oe­fen’

Beeld - - Voorblad - Chris­to Bu­ch­ner Leeus:

Die Leeus se swak re­kord teen die Hur­ri­ca­nes is nie iets wat hul­le tot pa­niek gaan dryf voor mô­re se Su­per­rug­by-half­eind­stryd teen dié Nieu-See­land­se span nie.

Die feit dat die Leeus verlede jaar twee ne­der­lae teen die Hur­ri­ca­nes ge­ly het en hul­le boon­op ’n de­ka­de (2007) laas op El­lis­park kon klop, het vol­gens hul af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, van­dees­week nog glad nie eens ter spra­ke ge­kom nie.

“Ons kon­sen­treer net op wat no­dig gaan wees om suk­ses­vol te wees in hier­die wed­stryd,” het hy gis­ter by sy span­aan­kon­di­ging ge­sê.

“Vir ons is dit bloot net ’n groot voor­reg om in die half­eind­stryd van die Su­per­reeks te kan wees en dit boon­op voor ons eie men­se.”

Die feit dat Ac­ker­mann vir die vier­de ag­ter­een­vol­gen­de wed­stryd die­self­de Leeus-be­gin­span kon aan­kon­dig vir die stryd op El­lis­park, is vol­gens hom ’n be­lo­ning vir die spelers wat die laas­te klom­pie we­ke pres­teer het.

Ac­ker­mann het er­ken daar is in verlede na­week se kwart­eind­stryd teen die Haaie nie aan die ver­wag­tin­ge vol­doen nie, maar dat daar ook geen re­de was om aan die spelers waar­in hy ver­troue het, te gaan tor­ring nie.

Wat sy los­ska­kel en ge­ne­raal, El­ton Jan­tjies, be­tref, het Ac­ker­mann ge­sê sy min­der goeie ver­to­ning teen die Haaie “is nie eens in e­ni­ge sta­di­um die week met hom be­spreek nie.

“Ek het die wê­reld se ver­troue in El­ton en hy weet wat no­dig is vir hom om ’n be­ter ver­to­ning te le­wer. Dat ons teen die Haaie ge­suk­kel het, is nie een of twee in­di­vi­due se skuld nie.

“Daar het eg­ter baie din­ge tus­sen verlede week en nou ver­an­der en ons het van­dees­week baie goed ge­oe­fen. Ek glo ons sal be­slis ons spel­peil lig,” het hy ge­sê.

“Daar was wel verlede week baie meer druk op ons, met al die ver­wag­tin­ge dat ons die Haaie moes klop en die guns­te­ling was.

“Hier­die week teen die Hur­ri­ca­nes is ons nie die guns­te­ling nie en is daar heel­wat min­der druk op ons.

“Ek het my­self aan die be­gin van die week be­lo­we ek gaan die week net ge­niet, maak nie saak wat ge­beur nie.

“Ek voel ook veel min­der druk as verlede week. Ons het sorg­vry ge­oe­fen en glo dit is ook hoe ons gaan speel,” het Ac­ker­mann ge­sê.

) An­dries Coet­zee, Ru­an Com­brinck, Li­o­nel Ma­poe, Ha­rold Vor­ster, Court­nall S­ko­san, El­ton Jan­tjies, Ross Cron­jé, Ru­an Ac­ker­mann, K­wag­ga S­mith, Jaco K­riel (k), Fran­co Mos­tert, An­dries Fer­rei­ra, Ru­an D­rey­er, Mal­colm Marx, Ja­c­ques van Rooy­en. PLAAS­VER­VAN­GERS: Ak­ker van der Mer­we, Cor­né Fou­rie, Jo­han­nes Jon­ker, Lou­rens Eras­mus, Cy­le B­rink, Faf de K­lerk, Ro­han Jan­se van Rens­burg, Syl­vi­an Ma­hu­za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.