K­ho­za moet op tug­pro­ses fo­kus, sê ANC­segs­man

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Dr. Mak­ho­si K­ho­za, ANC-LP, moet net op haar in­ter­ne tug­pro­ses fo­kus.

“Die ANC-lei­ers het al in Lut­hu­li­huis met al die ander ANC-le­de (wat ook in die o­pen­baar kom­mer oor pres. Ja­cob Zu­ma uit­ge­spreek het) ge­praat,” het Zi­zi Kod­wa, ANC­woord­voer­der, gis­ter by na­vraag ge­sê.

Dit volg na­dat K­ho­za die tug­stap­pe wat die ANC in K­waZu­lu-Na­tal – haar tuis­pro­vin­sie – teen haar be­plan, be­vraag­te­ken het. Sy het eer­gis­ter in ’n ver­kla­ring aan­ge­dui dat sy haar regs­ver­teen­woor­di­ger daar­oor raad­pleeg.

Die tug­pro­ses volg na­dat K­ho­za vroe­ër ’n be­roep op Zu­ma ge­doen het om te be­dank en ver­soek het dat ’n ge­hei­me stem­ming ge­hou moet word oor die mo­sie van wan­troue in Zu­ma.

K­ho­za voer aan dat die ANC nie op­ge­tree het teen ander le­de, on­der wie LP’s, wat ook o­pen­lik hul kom­mer oor Zu­ma uit­ge­spreek het nie. Die ANC moet dus, vol­gens haar, sê waar­om sý uit­ge­son­der word.

Kod­wa sê eg­ter dit gaan nie oor wat K­ho­za ge­sê het nie. “Sy sê nie iets nuuts nie. Al­les wat sy ge­sê het, is al in tal­le ander ANC-struk­tu­re ge­op­per. Dit is haar op­tre­de wat die pro­bleem is . . . wat vreemd is in die ANC. Daar is ’n se­ke­re ma­nier waar­op ’n ANC-lid moet op­tree. Daar is re­ëls. ANC-le­de on­der­te­ken ’n lid­maat­skap-ge­drags­ko­de om lo­jaal te bly aan die be­leid van die ANC.

“Sy moet net op haar saak ant­woord. Ons het al met die ander ge­praat, of dit nou Jack­son (Mt­hem­bu, ANC-hoof­sweep), of Pra­vin Gord­han (voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies) is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.