Wan­trou­e­mo­sie teen Zil­le mis­luk

PREMIER SE EIE PAR­TY VER­TROU HAAR NIE, SÊ ANC

Beeld - - Nuus - Ja­son Fe­lix

Die ANC se twee­de wan­trou­e­mo­sie se­dert 2009 in He­len Zil­le, die WesKaap­se premier, het weer mis­luk.

Die ANC in die Wes-Kaap­se parlement het vroe­ër van­dees­maand die mo­sie van wan­troue teen Zil­le in­ge­dien na­dat sy en die DA ’n skik­kings­oor­een­koms be­reik het.

Die DA se 26 le­de van die pro­vin­si­a­le parlement as­ook die ACDP se een lid het in Zil­le se guns ge­stem, die ANC se 12 le­de het teen haar ge­stem en die EFF het bui­te stem­ming ge­bly. K­ha­ya Ma­gaxa, ANC-LPW, en sy kol­le­ga S­ha­ron Da­vids was af­we­sig. Daar is hard­op ge­stem.

Cameron Dugmore, ANC-LPW, het ge­sê die ANC is be­reid om met die DA saam te werk.

“Ons kan eg­ter nie saam met ’n premier werk wie se eie par­ty geen ver­troue in haar het nie. Ons kan nie saam met men­se werk wat dui­de­lik nie die pas­sie het om kwes­sies van ar­moe­de, on­ge­lyk­heid en werk­loos­heid op te los nie.

“Daar is nog baie in­lig­ting wat na vo­re gaan kom. Dit sal er­ger raak so lank as wat sy aan­bly as premier.

“Die on­ge­luk­kig­heid kom nie van ons nie, maar van in haar eie par­ty,” het Dugmore ge­sê.

Hy het ge­sê be­hui­sings­kwes­sies wys wie Zil­le reg­tig is.

“Wat van ’n premier ver­wag word, is om al­le men­se in die pro­vin­sie te dien, hul­le te ver­e­nig en al­les moont­lik te doen om die on­ge­lyk­he­de van die verlede reg te stel en, in ons ge­val, om die ste­de­li­ke a­part­heids­be­plan­ning reg te stel,” het Dugmore ge­sê.

Mark Wi­ley, DA-hoof­sweep, het Dugmore as ’n “bit­ter, blin­de, wit man wat sy loop­baan wil laat her­leef” be­stem­pel.

Hy het ook die mo­sie se ti­tel ver­an­der om die vol­le ver­troue in He­len Zil­le te de­bat­teer.

Wi­ley se a­men­de­ment op die mo­sie is aan die ein­de van die raad­sit­ting aan­vaar.

“Weer eens word hier­die raad mis­bruik. Die ANC voel dat daar se­ke­re me­di­a­plat­forms is wat vir hul­le lug­tyd en aan­dag sal gee, on­danks al hul kor­rup­sie,” het Wi­ley in die teen­woor­dig­heid van by­na al­le plaas­li­ke koe­ran­te en na­si­o­na­le te­le­vi­sie­nuus­ka­na­le ge­sê.

Fer­lon Chris­ti­ans, ACDP-LPW, het ge­sê hul­le kan nie die mo­sie steun nie.

“Ons kan nie ’n kor­rup­te ANC on­der­steun nie. Ons weet nie wie die par­ty lei nie, ons weet nie wat­ter fak­sie hier­die stem­ming aan­ge­vra het nie: dit kan die Dul­lah O­mar-streek wees of die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee.”

Be­ver­ley S­chä­fer, DA-LPW, het ge­sê die DA in die Wes-Kaap bou ’n be­kwa­me re­ge­ring.

“Dit is ’n ba­ken van hoop vir al­le Suid-A­fri­ka­ners. Ons het die laag­ste werk­loos­heids­koers, ons het stra­te­gieë wat werk. Ons gaan aan­hou om hier­die re­ge­ring te bou en in 2019 dit op na­si­o­na­le vlak doen,” het sy ge­sê.

Ri­chard Dy­an­tyi, ANC-LPW, het ge­sê Zil­le se twiets oor ko­lo­ni­a­lis­me wys haar wa­re kleu­re. “Ons kan stem daar­oor, jy kan wat ook al doen. Jy kan die slag­of­fers van ko­lo­ni­a­lis­me aan­stel, jy kan saam met hul­le dans . . . daar­die een twiet wys wie jy reg­tig is.”

Ber­nard Jo­seph, EFF-lei­er, het ge­sê hul­le kan nie die ANC on­der­steun voor­dat pres. Ja­cob Zu­ma “val” nie.

Agt jaar en twee mo­sies van wan­troue la­ter en He­len Zil­le hou steeds kop bo wa­ter. 2017

2009

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.