ANC ‘ge­bruik dié term as rook­skerm’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Al is daar be­wy­se dat die B­rit­se ska­kel­maat­skap­py Bell Pot­tin­ger ska­de­li­ke nar­ra­tie­we soos “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” ge­skep het, ge­bruik die ANC dit vol­gens die VF Plus steeds om die skuld vir die e­ko­no­mie­se kri­sis in Suid-A­fri­ka op wit men­se te pak.

Die ANC ge­bruik die term “ge­rief­lik­heids­hal­we as rook­skerm vir die wa­re re­des vir die e­ko­no­mie­se kreef­te­gang – reg­stel­len­de ak­sie en swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging (SEB)”, het dr. Pie­ter Groe­ne­wald, VF Plus-lei­er, gis­ter ge­sê.

Vol­gens Groe­ne­wald het reg­stel­len­de ak­sie en SEB on­der meer ver­oor­saak dat pos­te van kri­tie­ke be­lang in die staats­diens nie ge­vul word nie en “dat on­be­voeg­de men­se en kon­trak­teurs aan­ge­stel word wat tot dubbele uit­ga­wes lei”.

“Ter­wyl swart men­se lank reeds deur reg­stel­len­de ak­sie en SEB be­voor­deel word ten kos­te van wit men­se, het die woord ‘wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal’ nou on­ge­luk­kig ’n po­pu­lis­tie­se nar­ra­tief ge­word.

“Die oog­merk daar­mee was om ver­de­ling te skep om te ver­se­ker dat per­so­ne en fak­sies in die ANC in be­heer bly van die mags­hef­bo­me om toe­gang tot die staats­beur­sie te kry en om die aan­dag af te lei (van staat­skaping).

“Dit rig e­nor­me ska­de aan, nie net vir ras­se­ver­hou­din­ge nie, en dit s­tuur ook ’n ne­ga­tie­we bood­skap uit aan e­ni­ge voor­ne­men­de wit be­leg­ger in Suid-A­fri­ka,” sê hy.

In­tus­sen het P­hum­zi­le van Dam­me, DA-woord­voer­der, gis­ter ge­sê die DA het aan die B­rit­se Pu­blic Re­la­ti­ons and Com­mu­ni­ca­ti­ons As­so­ci­a­ti­on (PRCA) ge­skryf om te ver­soek dat die tugon­der­soek op 18 Au­gus­tus teen Bell Pot­tin­ger in Lon­den oop moet wees vir die pu­bliek.

Dié on­der­soek kom na­dat die DA ’n klag teen Bell Pot­tin­ger by die PRCA in­ge­dien het om­dat die maat­skap­py na be­we­ring ’n ras­ver­de­len­de pro­pa­gan­da­veld­tog vir die Gup­tas en Zu­mas in Suid-A­fri­ka ge­voer het.

Die DA het in sy klag aan­ge­voer die ska­kel­maat­skap­py het in dié op­sig die PRCA se ko­de ge­skend.

Die PRCA se re­ëls be­paal dat sy pro­se­du­res, soos tugon­der­soe­ke, ge­woon­lik pri­vaat ge­skied, ten­sy al­le par­tye in­stem dat dit oop­ge­stel moet wees vir die pu­bliek.

Van Dam­me sê in ag ge­no­me die o­pen­ba­re be­lang van die aan­ge­leent­heid, glo die DA dat die on­der­soek oop vir al­mal, die me­dia in­ge­sluit, moet wees.

Vol­gens haar is die DA in­ge­lig dat die PRCA die par­ty se ver­soek om ’n oop on­der­soek sal be­spreek.

“As Bell Pot­tin­ger waar­lik jam­mer is oor die ska­de wat hy ten op­sig­te van ras­se­ver­hou­din­ge in SuidA­fri­ka deur sy ver­de­len­de veld­tog ver­oor­saak het, sal hy in­stem tot die DA se ver­soek.

“Suid-A­fri­ka­ners moet toe­ge­laat word om hier­die pro­ses waar te neem, aan­ge­sien hul­le die men­se is wat as ge­volg van Bell Pot­tin­ger, die ANC en die Gup­tas se op­tre­de ge­ly het.

“Men­se ver­dien om die waar­heid te weet en die DA ver­trou dat die PRCA en Bell Pot­tin­ger die reg­te ding sal doen en toe­laat dat die on­der­soek vir al­mal oop is,” sê Van Dam­me.

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.