Beyon­cé, Jay­Z kry ses op­pas­sers vir twee­ling

Beeld - - Nuus -

Kin­ders groot­maak is dui­de­lik ’n baie erns­ti­ge saak vir Beyon­cé en Jay-Z – in so ’n ma­te dat daar meer op­pas­sers is as ge­sins­le­de.

Dai­ly Mail be­rig die glans­paar het ses op­pas­sers ge­kry om na die twee­ling, Ru­mi en Sir, om te sien. Hul­le het in Ju­nie hul op­wag­ting ge­maak.

US OK! be­rig die op­pas­sers word elk $100 000 (so­wat

R1,3 mil­joen) per jaar be­taal.

“Die twee­ling slaap nie op die­self­de tyd nie. Dit is waar­om Beyon­cé be­sluit het sy het drie op­pas­sers per kind no­dig. Elk­een

werk ’n skof van agt uur,” sê ’n bron na aan die eg­paar.

Ou­sus Blue Ivy (5) het twee op­pas­sers.

Vol­gens Dai­ly Mail is daar dus agt kin­der­op­pas­sers in die Car­ter-huis­hou­ding.

Beyon­cé en haar twee­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.