‘Dié ko­a­li­sie wérk’

MODIMOLLE­MOOKGOPHONG­MU­NI­SI­PA­LI­TEIT DA, EFF en VF+ wys hoe – Mai­ma­ne

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die ko­a­li­sie van die DA, EFF en VF Plus wat die Mo­di­mol­leMook­g­op­hong-mu­ni­si­pa­li­teit in Lim­po­po re­geer, be­wys dat po­li­tie­ke par­tye kan saam­werk as hul­le die be­hoef­tes van die men­se bo al­les an­ders stel.

So het M­mu­si Mai­ma­ne, DA­lei­er, gis­ter­og­gend in die Le­se­ding-ge­meen­skap­saal in Vaal­wa­ter, Lim­po­po, ge­sê.

Hy was daar vir die veld­tog om stem­me vir die DA te werf vir ’n tus­sen­ver­kie­sing in wyk 1 wat vol­gen­de week ge­hou word.

Die dor­pe Modimolle (Nyl­stroom), Mookgophong (Na­boom­spruit), Vaal­wa­ter, Al­ma en Roed­tan is deel van die mu­ni­si­pa­li­teit.

Mai­ma­ne het aan die men­se in die stamp­vol saal ge­sê die mu­ni­si­pa­li­teit werk baie be­ter as e­ni­ge vo­ri­ge mu­ni­si­pa­li­teit.

“Din­ge word nou ge­doen,” het Mai­ma­ne ge­sê.

Dié mu­ni­si­pa­li­teit word ge­lei deur Mar­le­ne van S­ta­den, DA­bur­ge­mees­ter, en is een van net twee mu­ni­si­pa­li­tei­te in Lim­po­po wat nie deur die ANC be­heer word nie.

Vol­gens Mai­ma­ne het kri­ti­ci ná die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in Au­gus­tus verlede jaar ge­sê ko­a­li­sie­re­ge­rings sal nie werk nie.

“Wel, hul­le kan nou self sien dat hul­le ver­keerd was.”

Van die mu­ni­si­pa­li­teit se suk­ses­se is die vol­tooi­ing van die Li­li­an N­goyi-brug in Modimolle wat vyf jaar ge­le­de in­een­ge­stort het.

“Dit het ons net drie maan­de ge­neem om dié pro­jek te vol­tooi.”

Ver­skeie boor­ga­te is in Modimolle, Mookgophong, Vaal­wa­ter, Al­ma en Roed­tan ge­boor so­dat al­mal toe­gang tot wa­ter kan hê.

In Mookgophong is ’n ou wa­ter­pyp­lei­ding ver­vang.

Dié dorp was ge­reeld lang tye son­der wa­ter toe die ANC nog aan die s­tuur van die mu­ni­si­pa­li­teit was, het Mai­ma­ne ge­sê.

Die wa­ter­sui­we­rings­aan­leg in Vaal­wa­ter is her­stel en werk nou vir die eer­ste keer in tien jaar.

Die mu­ni­si­pa­li­teit het ’n re­ser­voir in net twee maan­de ge­bou.

Ver­skeie slag­ga­te in paaie, stuk­ken­de straat­lig­te en ver­keers­lig­te is in die mu­ni­si­pa­li­teit se dor­pe her­stel.

In Vaal­wa­ter is 400 Hop­hui­se ge­bou en in Mookgophong is die ge­tal e­lek­trie­se pro­ble­me per maand van 200 tot 20 ver­min­der.

“Die mu­ni­si­pa­li­teit kry baie steun van die plaas­li­ke sa­ke­lui. Dit is dank­sy hul sken­kings dat wa­ter­tenks op­ge­rig kon word en pad­te­kens ge­verf kon word.”

Mai­ma­ne het die in­wo­ners aan­ge­moe­dig om in die tus­sen­ver­kie­sing op 2 Au­gus­tus vir die DA te stem om­dat Van S­ta­den nog ve­le ander pro­jek­te be­plan.

“Van die plan­ne is om nog 400 hui­se in Modimolle te bou en om wa­ter aan so­wat 500 hui­se in Vaal­wa­ter te ver­skaf,” het hy sê.

Van S­ta­den wil ook nog ou wa­ter­pyp­lei­dings in Modimolle en Mookgophong ver­vang. Sy be­oog ook om ’n 24-uur-te­le­foon­diens in te stel so­dat in­wo­ners deu­ren­tyd klag­tes of pro­ble­me by die mu­ni­si­pa­li­teit kan aan­meld.

Ja­c­ques S­mal­le, DA­lei­er in Lim­po­po, en M­mu­si Mai­ma­ne, die DA se na­si­o­na­le lei­er, gis­ter op hul be­soek aan Vaal­wa­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.