Kans dat El Niño kan pla, ver­skraal

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

On­danks ’n skra­ler kans dat ’n El Niño-ver­skyn­sel in die vol­gen­de paar maan­de kan ont­wik­kel, kan weer­voor­spel­lers nie met se­ker­heid sê hoe die re­ën­val in die so­mer gaan wees nie.

Die kans op ’n El Niño­ver­skyn­sel in die Suid-A­fri­kaan­se so­mer is klei­ner en in dié sta­di­um is die ver­wag­ting “neu­traal”. In sul­ke ge­val­le het dit ge­woon­lik geen be­dui­den­de in­vloed op SuidA­fri­ka se so­mer­re­ën­val nie, sê Co­bus O­li­vier, na­vor­ser van die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens (SAWD).

“Dit be­te­ken ons kan nie werk­lik ’n aan­dui­ding gee van die ver­wag­te re­ën­val vir die so­mer nie.”

Wat die win­ter­re­ën­val­ge­bied be­tref, kan meer re­ën ver­wag word as wat ge­woon­lik teen die ein­de van die win­ter en in die vroeë len­te – in Au­gus­tus en Sep­tem­ber – die ge­val is.

“Maar dis on­moont­lik om pre­sies te voor­spel hoe­veel en waar dit gaan re­ën.

“Dit is ook moei­lik om te voor­spel wat die uit­wer­king op die hui­di­ge droog­te sal wees,” sê hy.

Die ak­tie­wer stel­sels, wat ge­woon­lik re­ën vir die win­ter­re­ën­val­ge­bie­de bring, kan die tem­pe­ra­tu­re in dié ge­bie­de ook laat daal.

“Die so­mer­re­ën­val­ge­bie­de sal na ver­wag­ting nie deur die­self­de stel­sels ge­raak word nie en dit lyk of tem­pe­ra­tu­re tot die len­te ho­ër as nor­maal­weg sal wees.”

In dié sta­di­um is dit ook nog moei­lik om te sê of die so­mer in die so­mer­re­ën­val­ge­bie­de weer so warm sal wees soos verlede jaar. Dit sal hul­le eers teen Sep­tem­ber kan be­gin voor­spel.

Die SAWD maan wel in sy voor­uit­skou­ing dat die hui­di­ge droog­te­maat­re­ëls steeds toe­ge­pas moet word.

Ma­ri­us S­chuur­man, be­stuur­der van die Kalk­fon­t­ein­dam na­by Kof­fie­fon­tein, sê hul­le hand­haaf nog streng droog­te­maat­re­ëls.

“Die dam staan tans op 13%. Ons kon die be­sproei­ings­boe­re nog geen­sins wa­ter gee om te plant nie,” sê hy.

“Die dam­vlak was op 3% voor­dat die laas­te re­ën ge­val het. Daar­na het dit tot 14% ge­styg.”

Daar is wel nie ge­noeg wa­ter so­dat boe­re kan be­sproei nie.

“Dit is nou al 19 maan­de dat dié boe­re nie kon plant nie. As dit ge­noeg re­ën, sal ons die boe­re ’n (wa­ter)kwo­ta kan gee so­dat hul­le so­mer­ge­was­se kan plant en ho­pe­lik la­ter kan oes.”

Fo­to: C­HAR­LES S­MITH

Be­lof­tes van ’n win­ter­re­ën­tjie . . . Koue wolke pak saam oor die Suid­Vry­staat. He­laas het die kou­e­front nie re­ën ge­bring nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.