U­ber­be­stuur­der aan die brand ge­steek

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die U­ber-be­stuur­der wat eer­gis­ter­mid­dag in Jo­han­nes­burg in haar mo­tor aan die brand ge­steek is, moes ’n week ge­le­de vlug van ’n groep mans wat haar ge­dreig het om­dat sy vir dié maat­skap­py werk.

P­hum­zi­le K­go­a­di (41) se broer Le­o­nard sê ’n pas­sa­sier het vloei­stof oor haar ge­gooi en dit met ’n si­ga­ret­aan­ste­ker aan die brand ge­steek.

“Die lin­ker­kant van haar ge­sig en haar bors is ver­brand. Sy het haar trui ge­luk­kig be­tyds uit­ge­trek, an­ders sou haar hele lyf ver­brand het.”

P­hum­zi­le word in die He­len Jo­seph-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg be­han­del.

Sy het vroe­ër vir Le­o­nard ge­sê ’n paar mans het verlede week “van nê­rens af ver­skyn en haar ge­dreig” toe sy in Roo­de­poort stil­ge­hou het.

“Sy dink hul­le het haar ag­ter­volg om­dat hul­le da­de­lik ge­weet het sy werk vir U­ber. Sy moes vlug.”

Hy sê die aan­val op haar is “sui­wer mis­daad”.

“Die aan­val­le op U­ber-be­stuur­ders het hand­uit ge­ruk. Die be­stuur­ders se le­we word be­dreig en daar is geen op­los­sing daar­voor nie.”

Sa­man­tha Al­len­berg, woord­voer­der van U­ber A­fri­ka, sê die voor­val is baie ont­stel­lend.

“Ons is in kon­tak met die fa­mi­lie om ons vol­le on­der­steu­ning aan hul­le te gee. Ons dink aan haar en haar fa­mi­lie.

“Daar is geen ver­sko­ning vir dié ge­weld nie. Die mis­da­di­gers moet aan die pen ry.”

Al­len­berg sê U­ber is baan­bre­kers in die GPS-na­spo­ring van elke rit. Daar is span­ne oor die wê­reld heen wat dag en nag op voor­val­le reageer.

U­ber het ook des­kun­di­ges wat saam met die po­li­sie werk om op nood­ge­val­le te reageer en voor­val­le te on­der­soek.

“Ons het ook on­langs met ver­skeie vei­lig­heids­diens­te be­gin saam­werk om me­die­se hulp te ver­leen en vei­lig­heids­be­amp­tes na nood­ge­val­le te s­tuur.”

Die pas­sa­sier wat P­hum­zi­le aan­ge­val het toe sy hom in Ses­de Straat in Ma­rais­burg af­ge­laai het, het met haar sil­wer Toyo­ta Corol­la weg­ge­ry.

“Die po­li­sie het die 20 mi­nu­te la­ter ver­la­te mo­tor in Al­ber­ti­na Si­su­lu­weg ge­kry,” sê kapt. Ma­vela Ma­son­do, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der.

Die man is nog voort­vlug­tig. ’n In­wo­ner van die om­ge­wing het die be­seer­de P­hum­zi­le te hulp ge­snel, sê Rus­sel Mei­ring, ER24-woord­voer­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.