Ba­ba ver­wurg: Tie­ner­ma in ar­res

Beeld - - Nuus -

’n Tie­ner­ma van Kos­ter in Noord­wes het glo haar dog­ter­tjie van 18 maan­de ver­wurg en van die ly­kie ont­slae pro­beer raak deur dit op ’n vul­lis­hoop te ver­brand.

Kapt. El­sa­bé Augou­sti­des, po­li­sie­woord­voer­der in die Kos­ter- en Rus­ten­burg-om­ge­wing, sê die tie­ner se ma het on­raad ver­moed om­dat sy die mei­sie­tjie Maan­dag laas by hul huis in die Re­a­gi­le­towns­hip ge­sien het.

Sy het die ba­ba se 16-ja­ri­ge ma Woens­dag ge­vra waar die kind is.

Die tie­ner het ge­sê die kind is by haar vriend se huis, maar die ou­ma was nie te­vre­de nie. Die ou­ma het die po­li­sie ge­vra om saam met haar na die vriend se huis te gaan. Hy het ge­sê die kind is nie daar nie.

“Die 16-ja­ri­ge het toe die skok­be­ken­te­nis ge­maak dat sy die ba­ba ver­wurg het,” sê Augou­sti­des.

“Sy het van die ly­kie ont­slae pro­beer raak deur dit op ’n vul­lis­ter­rein aan die brand te steek.”

Die po­li­sie is saam met die tie­ner na die ter­rein, waar hul­le die oor­skot ge­vind het.

Die tie­ner is na die po­li­sie­kan­toor ge­neem.

Sy word in ’n jeug­aan­hou­ding­sen­trum aan­ge­hou en sal waar­skyn­lik bin­ne­kort om borg­tog aan­soek doen.

Die po­li­sie on­der­soek ’n saak van moord.

Augou­sti­des het ’n be­roep op men­se ge­doen om hul naas­te wel­syns­or­ga­ni­sa­sie te kon­tak as hul­le be­wus word daar­van dat ou­ers nie na hul kin­ders om­sien nie, hul­le ver­waar­loos of mis­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.