Ro­wer ont­snap toe po­li­sie kits­kos koop

Beeld - - Nuus -

’n Ge­vaar­li­ke ge­van­ge­ne het ont­snap toe po­li­sie­le­de wat hom van T­ho­hoy­an­dou af ver­voer het by die S­hell Ul­tra Ci­ty so­wat 10 km bui­te Po­lo­kwa­ne stil­ge­hou het om kos te koop.

’n Groot soek­tog is be­gin na A­fra Rik­hot­so (27), wat Dins­dag­aand om­streeks 20:00 op die vlug ge­slaan het.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê le­de van die Northam-po­li­sie­kan­toor het Rik­hot­so Dins­dag by die T­ho­hoy­an­dou-ge­van­ge­nis gaan haal.

Rik­hot­so dien tronk­straf uit weens ge­wa­pen­de roof­tog­te.

Die po­li­sie­le­de was op pad na Northam, na­by T­ha­ba­zim­bi, waar Rik­hot­so in die hof moes ver­skyn.

N­goe­pe sê ter­wyl die twee po­li­sie­be­amp­tes in ’n kits­kos­re­stau­rant kos ge­koop het, het Rik­hot­so uit die po­li­sie­vang­wa ont­snap.

N­goe­pe sê Rik­hot­so het ’n wa­pen uit­ge­pluk en dit op die po­li­sie­le­de ge­rig.

Die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te on­der­soek die voor­val ook.

Daar sal on­der­soek in­ge­stel word na die twee po­li­sie­be­amp­tes se op­tre­de, sê N­goe­pe.

“Dit is ’n baie erns­ti­ge voor­val. Hy kon die po­li­sie­le­de dood­ge­skiet het.”

Men­se met in­lig­ting kan kapt. Ri­chard Bos­ho­ma­ne by 079 894 5501 bel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.