Vier vas ná wa­pens op plaas ge­roof is

Beeld - - Nuus -

Deeg­li­ke speur­werk deur oud­po­li­sie­le­de van He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG), ’n mis­daad­be­stry­dings­or­ga­ni­sa­sie, het ge­lei tot die aan­keer van vier mans wat glo vuur­wa­pens op ’n plaas bui­te Lep­ha­la­le (El­lis­ras) in Lim­po­po ge­steel het.

Die vier mans is gis­ter in die vroeë og­gend­u­re in Ma­bo­pa­ne, noord­wes van P­re­to­ria, in heg­te­nis ge­neem. Hul­le het glo op 11 Ju­lie by ’n plaas­huis bui­te Lep­ha­la­le in­ge­breek.

Oud­kol. Sak­kie Lou­w­rens van HPG sê die ge­wa­pen­de mans het plaas­wer­kers aan­ge­hou ter­wyl hul­le die huis ge­plun­der het. Die plaas­ei­e­naar was nie tuis nie.

Die ro­wers het jag­ge­we­re, TV’s en selfs fiet­se ge­buit.

Die plaas­wer­kers is nie be­seer nie.

HPG in sa­me­wer­king met die po­li­sie het op die ver­dag­tes se spoor ge­bly.

S­poor­sny­ers wat deel van HPG is, het eer­gis­ter­aand van die ver­dag­tes se spo­re ge­waar en ’n groot soek­tog is be­gin tot­dat die vier mans in Ma­bo­pa­ne in heg­te­nis ge­neem is.

Vuur­wa­pens, fiet­se en van die huis­hou­de­li­ke wa­re wat ge­steel is, is te­rug­ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.