R200 000 vir o­nop­ge­ëis­te pak­kies

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Van Zim-dol­lars tot smeer­mid­dels om ge­slags­de­le te sti­mu­leer, ju­we­liers­wa­re, skoe­ne, kom­ber­se, sel­fo­ne, pot­te, wyn, boe­ke, haar­stuk­ke en kuns­wer­ke.

Dit is van die o­nop­ge­ëis­te pak­kies wat jaar­liks op ’n vei­ling van die Pos­kan­toor nu­we ei­e­naars kry.

Gis­ter was dit weer so. Die o­nop­ge­ëis­te goe­de­re is in meer as 500 lot­te ver­deel (kle­re saam met kle­re, speel­goed saam met speel­goed) waar­op le­de van die pu­bliek kon bie.

Die vei­ling is in die Ca­pe­mail-pos­sen­trum in die Ep­ping-ny­wer­heids­ge­bied in Kaap­stad ge­hou.

Die lys goe­de­re is voor­af aan die bie­ërs be­kend ge­maak.

’n Ge­sou­te en ge­reel­de ko­per op die Pos­kan­toor­vei­ling sê hy koop ver­al die boe­ke. Twee vrag­hou­ers boe­ke het hom gis­ter on­der­skei­de­lik tus­sen R5 000 en R6 000 uit die sak ge­jaag.

Die boe­ke koop hy vir sy ma wat ’n boek­win­kel in Vis­hoek be­sit.

Vir Abdu­rashied A­mar­dien en Yu­suf Flo­ris was die vei­ling ’n suk­ses. Hul­le het drie pa­re man­ste­wels vir R450 ge­koop. A­mar­dien het ook ’n pomp vir ’n die­sel­en­jin teen R200 aan­ge­skaf. “Dis so te sê ver­niet,” sê hy.

Ro­se­ma­rie Ro­dri­gues van die Pos­kan­toor se af­de­ling vir o­nop­ge­ëis­te pak­kies sê hul­le moet al­le on­op­geeis­te pak­kies ’n jaar lank hou, waar­na al­le goe­de­re met ’n geld­waar­de op­ge­veil word. Brie­we en ver­kla­rings word ver­snip­per.

Vol­gens Ro­dri­gues word baie goed nie op­ge­ëis nie om­dat men­se hul na­s­poor­nom­mers ver­loor of ver­geet het. En men­se wat pak­kies ver­send, bring dik­wels die ver­keer­de pos­ko­de op die pak­kies aan. Die pak­kies gaan dan na die ver­keer­de dorp of buurt.

“As ons sien dat die pak­kie vir ’n ander dorp of buurt met die­self­de naam is, sal ons dit soon­toe s­tuur.”

Sy sê as die pak­kie steeds nie af­ge­haal word nie, word dit na die af­sen­der se a­dres ge­stuur.

Die geld wat die vei­ling op­le­wer, word in die Pos­kan­toor se be­dryfs­be­gro­ting ge­stort en ’n deel aan lief­da­dig­heid ge­skenk.

Die vei­ling gis­ter het meer as R200 000 ge­ïn.

Fo­to’s: LE ROUX SCHOEMAN

Dié aard­bol is van die goed wat in die Pos­kan­toor se te­rug­sen­dings­kan­toor be­land het. Dit is nooit op­ge­ëis nie en is gis­ter op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.