Ku­ga­her­stel­pro­gram: Fa­se twee be­gin in SA

Beeld - - Nuus - – Li­net­te Re­tief

Die mo­tor­ver­vaar­di­ger Ford het be­gin met fa­se twee van al­le Ku­ga 1.6­mo­del­le se vei­lig­heids­her­roe­ping.

In die fa­se word die ge­vaar ge­pak dat die en­jin aan die brand kan raak weens ’n verlies aan koel­mid­del wat die si­lin­der­kop kan laat kraak. Dit raak al­le Ku­ga 1.6­mo­del­le wat tus­sen 8 Mei 2012 en 27 Sep­tem­ber 2014 in die Va­len­cia­aan­leg in S­pan­je ge­bou is.

“Suid­A­fri­ka is die eer­ste mark wat on­der­de­le kry en die fa­se in­stel,” sê Cas­per Kru­ger, be­stu­ren­de di­rek­teur van Ford Mo­tor Com­pa­ny of Sout­hern A­fri­ca (FMCSA). Hier­die fa­se be­hels die in­stal­le­ring van ’n nu­we uit­set­tings­tenk met ’n sen­sor wat die vlak van koel­mid­del kon­tro­leer. Ui­ter­ma­te lae vlak­ke van koel­mid­del kan lei tot ’n ver­min­der­de ver­moë om die en­jin koel te hou en dus oor­ver­hit­ting.

Die nu­we stel­sel sal die be­stuur­der vroeg waar­sku as daar te min koel­mid­del en ’n ri­si­ko van oor­ver­hit­ting is.

Rig na­vrae aan Ford se kli­ën­te­diens­af­de­ling by 0800 204 688, 012 843 5824 of CRC3@ford.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.