Skool se lig­gaam ont­bind

PROTES TEEN SWART HOOF ‘Jul­le doen eint­lik nie jul werk,’ sê Le­su­fi

Beeld - - Nuus - Na­ti­on Nyo­ka, News24

Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, het Woens­dag die skool­be­heer­lig­gaam van die K­lip­spruit West Se­con­da­ry School in El­do­ra­do­park ont­bind ná ’n pro­tes­op­tre­de van­dees­week teen die aan­stel­ling van ’n swart skool­hoof.

’n Lid van die skool­be­heer­lig­gaam sê hul­le wil ’n bruin skool­hoof hê en swart on­der­wy­sers wei­er om vir hul bruin kin­ders klas te gee.

Le­su­fi het die ont­bin­ding daar­op ge­grond dat die skool­be­heer­lig­gaam nie in staat is om die skool te ver­e­nig nie.

Leer­lin­ge het Maan­dag die eer­ste dag van die der­de kwar­taal mis­ge­loop toe ou­ers klas­se on­der­breek en die skool­hek­ke ge­sluit het in protes teen die aan­stel­ling van ’n swart skool­hoof. Die skool is Woens­dag her­o­pen.

Le­su­fi sê die hui­di­ge skool­be­heer­lig­gaam moet aan hom ’n brief gee om te ver­dui­de­lik waar­om dit nie ont­bind moet word nie. ’n Waar­ne­men­de skool­be­heer­lig­gaam is in­tus­sen aan­ge­stel.

“Soos jul­le (die be­heer­lig­gaam) tans is, kan jul­le nie die baie be­lang­ri­ke ver­ant­woor­de­lik­heid dra om ’n skool te ver­e­nig nie; om te ver­se­ker dat al die on­der­wy­sers klas­gee, on­ge­ag van hul kleur nie,” het Le­su­fi aan van die le­de van die be­heer­lig­gaam ge­sê.

S­hir­ley Mat­thews (67), ou­er en be­heer­lig­gaam­lid, be­weer swart on­der­wy­sers wei­er om vir hul bruin kin­ders klas te gee.

Sy sê sy is nie ras­sis­ties nie, sy is van A­fri­ka-her­koms en is met ’n swart man getroud. Sy be­weer sy praat na­mens in­wo­ners van die ge­bied wat ’n bruin skool­hoof eis.

Le­su­fi sê: “Ná die in­sae wat jul­le my ge­gee het, het ek geen keu­se nie as om vir die hoof van die de­par­te­ment aan te be­veel dat hier­die skool­be­heer­lig­gaam ont­bind word en ’n nu­we skool­be­heer­lig­gaam weer saam­ge­stel word.”

Le­su­fi sê dit is die skool­be­heer­lig­gaam se werk om te ver­se­ker on­der­wy­sers doen hul werk.

“As jy ’n lid van die skool­be­heer­lig­gaam is en kom en be­weer daar is ’n se­ke­re on­der­wy­ser wat nie klas­gee nie, dan be­te­ken dit eint­lik jy doen nie jou werk nie.”

La­wren­ce Ne­ma­kon­de, ver­teen­woor­di­ger van die on­der­wy­sers, sê die ver­wer­ping van die skool­hoof is meest­al weens ’n vrees vir die on­be­ken­de.

Past. Au­brey van Lo­de­wyk het Fa­reed Da­vids, voor­ma­li­ge waar­ne­men­de skool­hoof, daar­van be­skul­dig dat hy Ri­ta Da­vis, be­heer­lig­gaam­voor­sit­ter, en Hen­ry C­har­les, be­heer­lig­gaam­lid, R30 000 be­lo­we het om sy pos te be­hou. Da­vids en C­har­les het dit nie ont­ken nie.

Van Lo­de­wyk sê die skool het voor­heen ’n wit skool­hoof ge­had en daar was nie pro­ble­me nie.

Le­su­fi het ná sy in­lig­ting­ses­sie met ou­ers en ander par­tye ver­ga­der om hul kwel­lings te be­spreek.

Fo­to: TREVOR KU­NE­NE

Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.