‘God praat al met my’ – pas­toor

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

’n Pas­toor van Bloem­fon­tein wat vir 40 dae wil vas en bid vir lei­ding van God oor hoe om Suid-A­fri­ka te red, sê die Here is “reeds be­sig om met hom te praat” oor die om­stan­dig­he­de in die land.

Past. Jo­han Roos (73) sou van­dag by dag vier t­rek.

Die af­ge­tre­de AGS-pas­toor sê se­dert die eer­ste be­rig oor sy be­plan­de 40 dae van vas en ge­bed is hy met steun oor­val.

“Ek het SMS’e van Kaap­stad, U­ping­ton en uit Gau­teng ge­kry van men­se wat sê hul­le on­der­steun my met ge­bed en gaan op se­ke­re dae saam met my vas.

“Van vol­gen­de week af be­gin ’n vrien­de­groep op Don­der­dag­aan­de saam met my by my huis bid.

“Ons gaan op 3 Sep­tem­ber ’n groot e­re­diens hou wan­neer die 40 dae ver­by is.”

Roos sê in dié sta­di­um bid sy vrou, An­na­li­se, daag­liks saam met hom vir die land en vir men­se se be­hoef­tes.

“Sy vas ook som­mi­ge dae saam met my. Ek eet heel­te­mal niks en drink net wa­ter en rooi­bos­tee so tus­sen ses en agt keer per dag.”

Roos sê hy is ook nog be­sig om met ’n kerk te on­der­han­del so­dat hy op Son­dag­aan­de dié se ge­rie­we kan ge­bruik as ge­bed­sen­trum waar hy deur­lo­pend vir men­se se be­hoef­tes wil bid.

“Men­se moet net bly glo dat die Here iets vir hul­le kan doen.”

Hy sê hy glo 90% van men­se ly aan span­ning en vre­se en hy wil ook vir daar­die men­se bid dat “God jul­le hier­van sal vry­maak”.

Fo­to: MLUN­GI­SI LOUW

Past. Jo­han Roos van Bloem­fon­tein wil vir 40 dae vas en bid vir Suid­A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.