Vier on­wet­ti­ge myn­wer­kers se ly­ke ná rots­stor­ting in ou goud­myn ge­vind

Beeld - - Nuus -

Die ly­ke van vier on­wet­ti­ge myn­wer­kers is Woens­dag uit die on­ge­bruik­te Ag­nes-goud­myn na­by Bar­ber­ton in M­pu­ma­lan­ga ge­haal.

Die mans is dood na­dat rot­se op hul­le in­een­ge­stort het.

Hul­le het na ver­neem word Dins­dag myn­skiet­werk op die op­per­vlak ge­doen en toe ver­moe­de­lik on­der­gronds ge­gaan waar die rot­se op hul­le in­ge­val het, sê kol. Mts­ho­li B­hem­be, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der.

Die po­li­sie ver­moed dat hul­le al Dins­dag­aand dood is, hoe­wel die po­li­sie eers Woens­dag anoniem in­ge­lig is daar­oor.

Vol­gens B­hem­be is dit moei­lik om by die skag uit te kom om­dat dit ’n berg­ag­ti­ge en on­sta­bie­le ge­bied is.

By die po­li­sie se aan­koms op die to­neel het ander myn­wer­kers die vier ly­ke al uit die myn ge­haal en fa­mi­lie­le­de van die oor­le­de­nes was reeds daar.

Die on­wet­ti­ge myn­wer­kers sê hul­le het geen ander ma­nier om kos op die ta­fel te kan sit nie, sê B­hem­be.

“Hul­le is be­reid om hul le­we in ge­vaar te stel om­dat hul­le vir hul ge­sin­ne moet sorg.

“Hul­le word in heg­te­nis ge­neem en so­dra hul­le uit die tronk kom, gaan hul­le te­rug na die myn.

“On­wet­ti­ge myn­bou is ’n pro­bleem in die land.”

Die po­li­sie is be­sig met ge­reg­te­li­ke on­der­soe­ke na die vier se dood. – Ren­eil­we Dhludhlu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.