S­wa­ne­sang van im­pe­ri­a­le In­dië

Beeld - - Vrydag - Mar­gue­ri­te van Wyk

Kon­tras­te tus­sen su­per­ryk en arm . . . Daar is hoog­dra­wen­de In­gel­se, jong, on­skul­di­ge lief­de, stra­te­gie­se én i­de­a­lis­tie­se po­li­ti­ci, Mos­lems, Hin­does, Sik­hs . . .

Jy kry dit al­les in die B­rit­se his­to­rie­se dra­ma Vi­ce­roy’s Hou­se. Dis om­trent ’n kits­ge­skie­de­nis­les.

Die o­pe­nings­to­ne­le wys die e­nor­me ver­skil tus­sen die on­der­da­ne aan die een kant en lord Mount­bat­ten en sy ge­sin aan die ander. Mount­bat­ten (ver­tolk deur Hugh Bon­ne­vil­le), sy vrou, Ed­wi­na (Gil­li­an An­der­son) en hul dog­ter, la­dy Pa­me­la (Li­ly Tra­vers), is ge­woond aan swier. Mount­bat­ten was, ter­loops, die goe­wer­neur­ge­ne­raal met die on­af­hank­lik­heids­wor­ding van In­dië.

Aan die een kant is die In­die­se wer­kers, ge­klee in wit u­ni­forms en tul­ban­de, wat die ten­nis­baan net­jies vee, die swem­bad blink­blou soos ’n ju­weel hou, die hout po­leer dat dit glim en buig wan­neer mees­ters ver­by­stap. Die pa­leis is ’n In­die­se Ver­sail­les. Ge­koes­ter­de En­gel­se ma­dams hyg voor waai­ers en teug aan tee. “Oh, it is so ter­ri­bly hot,’’ kreun hul­le.

Voor­dat ek ver­geet: Ed­wi­na en haar dog­ter vlieg met hul wol­le­ri­ge, ge­pam­per­lang­de wit hond­jies van Lon­den na In­dië, en tuis­ge­kook­te hoen­der word vir die troe­tel­die­re op ’n sil­wer skot­tel deur In­die­se kel­ners voor­ge­sit as­of dit die nor­maal­ste ding op aar­de is. Dink prag en praal in die oor­tref­fen­de trap. Die spring­mie­lies steek in jou keel vas . . .

Dit is 1947, aan die voor­aand van die In­die­se on­af­hank­lik­heids­vie­rings. Lord Mount­bat­ten moet die oor­gang van B­rit­se heer­skap­py tot on­af­hank­lik­heid naat­loos en vreed­saam be­werk­stel­lig.

Ed­wi­na, nes die res van haar ge­sin, met et­li­ke warm aar­tap­pels in die mond (pri­va­te­skool­ak­sent), is sterk dog em­pa­ties. Sy blyk trou­ens méér van ’n po­li­tie­ke dier as haar we­der­helf te wees. Sy meen dit strek tot B­rit­tan­je se voor­deel om in­klu­sief te wees – en vra die In­die­se sjefs by­voor­beeld om meer ge­reeld In­die­se (p­leks van Eu­ro­pe­se) kos voor te be­rei.

“Ek het my le­we lank ge­leer om Eu­ro­pe­se kos te maak, wat ’n ver­mor­sing van tyd,’’ sê een sjef ver­bys­terd in Hin­di. Sy nooi al hoe meer In­die­se gas­te uit na po­li­tie­ke ge­leent­he­de en wil haar be­y­wer om In­die­se ge­sond­heid­sorg te ver­be­ter. Sy maan Dickie (haar troe­tel­naam vir Mount­bat­ten) tel­kens om nie oor­haas­ti­ge be­slui­te te neem nie.

Daar is ook ’n in­te­res­san­te sub­plot tus­sen Jeet, Mount­bat­ten se Hin­doe-diens­kneg, en A­lia, ’n Mos­lem en die as­sis­tent van la­dy Pa­me­la (’n on­der­wy­se­res). Die ver­lief­des – Bol­ly­wood-fraai – se ver­hou­ding is vol kom­pli­ka­sies, ver­al weens hul ver­skil­len­de ge­loofs­oor­tui- gings, ge­ge­we die ver­de­ling van die In­die­se staat vol­gens die “Mount­bat­ten-plan”.

En Dickie? Wel, daar is ’n ver­ras­sing of twee teen die ein­de wat na sy kant kom . . .

Die fliek is pu­re kyk­ge­not. Dit is ’n e­pie­se fliek met hart. )

Re­gis­seur: Gu­rin­der C­hadha. Ou­der­doms­perk: 10­12 OL. Tyds­duur: 106 mi­nu­te.

Lord Mount­bat­ten (Hugh Bon­ne­vil­le) en Ed­wi­na (Gil­li­an An­der­son) ar­ri­veer in In­dië in die his­to­rie­se dra­ma Vi­ce­roy’s Hou­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.