Reg­te Van­moe­wie moet nog ge­maak word Van der Mer­we Ko­me­die

Beeld - - Vrydag - La­e­ti­tia Pop­le

As die naam Koos van der Mer­we ’n voor­werp was, sou dit een van die veer­pyl­tjie-tei­kens in ’n laat­nag­kroeg wees ê­rens in die mid­del van nê­rens. Voos van die ga­te.

Die ar­me Koos, al­tyd die ag­ter­ent van al wat ’n grap is. In die volks­ge­heue is Koos na­der aan die spits­von­di­ge sto­rie­ver­tel­ler oom S­chalk Lou­rens as hoe hy hier uit­ge­beeld word.

Die arm­sa­li­ge Van (Rob van Vuur­en) is so dui­de­lik nie die naam boer werd nie – kyk na sy rom­mel­ri­ge erf en die swak toe­stand van sy lan­de­rye; hy is die be­spot­ting van sy fa­mi­lie en die ge­meen­skap – sy pa, Van sr. (Ian Ro­berts), jak hom af en het net ore vir sy suk­ses­vol­le sib­be se nuus. Boon­op kom Van se e­nig­ste dog­ter huis toe met ’n En­gels­man as ver­loof­de. Dit is mos nou kwan­suis ’n aard­son­de teen die A­fri­ka­ner­hart – ai jai jai, het ons daai oor­log nie al ge­veg nie?

Van wil vir sy oog­ap­pel ’n uit­ha­ler­troue hou, maar geld en ge­leent­heid is min en Van ver­brou mos net. Boon­op is die B­rit­se skoon­fa­mi­lie op­stêrs en staan hul­le reeds op Van se drum­pel.

Net sy vrou is lief vir Van – met sy by­na-Hit­ler­snor­re­tjie en sy sa­fa­ri­pak vir al­dag- én spe­si­a­le ge­leent­he­de – die stou­te kind­man wat o­ral aan­jaag en skoor­voet deur die le­we gaan al is hy al diep veer­tig.

Die prent is ’n mis­bak­sel, ’n ver­sko­ning vir boe­lies om ui­ting te gee aan hul be­hoef­te aan ’n slaan­sak – dalk is dit vir se­ke­re ky­kers nog snaaks, hier­die af­ran­se­ling en klei­ne­ring van ander wat die le­we wel an­ders be­na­der of nie so slim is soos hul­le dink húl­le is nie. Van, nie so be­re­kend soos hul­le nie, kry dit dus hot­ag­ter om­dat hy nie al­tyd ver­staan wat om hom aan die gang is nie.

Van Vuur­en, ’n bo­baas-ko­me­di­ant, poog om Van ’n hart te gee; die oor­mag van ’n swak draai­boek en grap­pe dood in die dooi­er tel eg­ter teen hom.

Dit pla van­uit die staan­spoor dat Van en sy fa­mi­lie En­gels praat, dui­de­lik A­fri­kaan­se ge­brui­ke hand­haaf en in ’n A­fri­kaan­se ge­meen­skap woon. Hoe­kom dan En­gels?

Die reg­te Van der Mer­we-moe­wie moet nog ge­maak word. ) Re­gis­seur: Bru­ce La­w­ley. Met Ian Ro­berts, Neels van Jaars­veld, Ri­ka Sen­nett, An­dré Ja­cobs en ander. Ou­der­doms­perk 7­9 OL. Tyds­duur: 94 mi­nu­te.

Rob van Vuur­en is Koos van der Mer­we in die ko­mie­se rol­prent Van Der Mer­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.